Job as president? Dis sy volle reg om te staan…

Die omstrede leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is doodstil oor advertensies wat in Windhoek en die Noorde opgerig is oor sy 2024 presidensiële veldtog waar Amupanda aangewys word as Namibië se president vir 2025 tot 2030. Dit kom voor asof die veldtog nie gekoppel is aan die beweging nie – veral omdat die beweging steeds sukkel om as vakbond te registreer en nog nie ‘n aansoek vir politieke party gebring het nie. Daar sal, volgens George Kambala van die beweging, teen Woensdag ‘n persverklaring uitgereik word. Die deurwinterde politikus, Nico Smit van die PDM, sê dit is Amupanda se volle reg om te staan.