Paaie-owerheid waarsku weer teen slenters

Met die huidige swak ekonomiese klimaat, probeer almal ‘n ekstra geldjie maak, skelms des te meer. Kriminele aktiwiteite neem toe, asook bedrog en swendelary. Natis se kantore is oor die jare deur swendelaars geteiken, want talle persone is desperaat om hul rybewyse te kry en val in die strik van swendelary. Die Paaie-owerheid waarsku die […]

Read More

TUT-dosent werk aan billike toegang tot medisyne

‘n Dosent van die Departement Farmaseutiese Wetenskap aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie, Nsovo Mayimele, werk daaraan om ongelyke toegang tot medisyne teen te werk wat Afrika sedert die Covid-19 pandemie ondervind. Sy doen dit deur met die Afrika-unie se Ontwikkelingsagentskap NEPAD saam te werk om plaaslik vervaardigde medisyne op die vasteland te koördineer. Mayimele […]

Read More

Freddy saai verwoesting in Blantyre

Minstens 11 mense is dood en 16 word vermis rondom Malawi se tweede grootste stad Blantyre nadat die tropiese storm Freddy stortreën gebring het wat vloede en grondverskuiwings veroorsaak het. Freddy, een van die sterkste storms wat nog ooit in die suidelike halfrond aangeteken is, is ook die langste tropiese sikloon, met die vorige rekord […]

Read More

Fly Etosha sal groot verligting bied vir werklose rederypersoneel

Die voormalige werknemers van Air Namibia is steeds werkloos. Die groep, wat onlangs opgeruk het na die bankrot redery se hoofkantoor om hul laaste uitbetalings te eis. Intussen het die groep die nuus oor ‘n moontlike nuwe redery, Fly Etosha Airways verwelkom. Die redery word deur die toerismeministerie ondersteun. Renier Bougaard, woordvoerder van die Air […]

Read More

Voedselpryse: Geen verligting in die nabye toekoms nie

Namibiese voedselpryse sal volgens kenners vir nog ‘n geruime tyd hoog bly gegewe die impak van beurtkrag op voedselproduksie en voedselvoorsiening in Suid-Afrika. Die verswakkende wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en die Amerikaanse dollar sal ook ‘n rol speel vanuit ‘n invoerperspektief. Volgens ekonoom Ruusa Nandago, sou die El Niño-verskynsel realiseer sal dit wisselvallige reënval […]

Read More

Arbeidsintensiewe projekte nodig vir werkskepping

Werkloosheid is in die nuus met die soveelste keer wat duisende mense opdaag vir ‘n handvol poste soos verlede week in Khomasdal waar 2 400 mense opgedaag het by ‘n restaurant. Meer as 3 000 mense het in 2019 by Sentraal Hospitaal opgedaag vir nege skoonmakerposte en ook daardie jaar, 800 in Omusati vir 39 […]

Read More

Ma wat kinders probeer vermoor lok wyd reaksie uit

Reaksie word ontvang op berigte dat ‘n moeder oor die naweek gepoog het om haar drie kinders te vermoor. Een is gehospitaliseer en teen die volgende oggend, was die moeder – steeds hoog onder die invloed van drank – in aanhouding by die polisie en die ander twee kinders was in veiligheid geplaas. In ‘n […]

Read More

Texas-man dagvaar drie vroue wat sy vrou gehelp het om aborsiepille te bekom

‘n Texas-man het ‘n regsgeding vir onregmatige dood van stapel gestuur waar hy drie vroue daarvan beskuldig dat hulle sy eksvrou gehelp het om aborsiepille te bekom en dus die dood van sy ongebore baba veroorsaak het. Dit is die eerste groot regsuitdagings onder ‘n staatsaborsieverbod sedert die Verenigde State se Hooggeregshof Roe v. Wade […]

Read More

Statebond is hoeksteun van demokrasie

Vandag is Statebond-dag en Namibië herdenk dit ook. Die Britse Hoë Kommissariaat het in die hoofstad ambassadeur van lidlande genooi en die geleentheid is in die Parlementstuine gehou. Die dekaan van die Statebondsending in Namibië en die Hoë Kommissaris van Maleisië, Hishamuddin Ibrahim, het by die geleentheid gepraat.

Read More

Vakbondleier sê werkloosheid is Namibiese tydbom

Werkloosheid is ‘n tydbom in Namibië. Dit is die mening van die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro. Sy aanmerkings kom nadat 2 400 mense opgedaag het vir ‘n handvol poste by ‘n restaurant in Khomasdal in die hoofstad. Muniaro sê werkloosheid is nie ‘n probleem wat homself sal oplos nie en die regering moet stappe neem […]

Read More