Nampol sê oor padblokkades in spitsverkeer

Dit het ‘n algemene praktyk van die Namibiese polisie en die Windhoek Stadspolisie geword om operasies in die oggende tydens spitstyd deur die loop van die week uit te voer. Hulle sal motoriste enige tyd, selfs vanaf ses-uur tot agt-uur die oggend, of later, stop om óf die motorvoertuig te deursoek óf bestuurslisensies vra. Hierdie […]

Read More

Internasionale betrekkinge kies duurste bod vir verversings

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge het volgens wat berig word, ‘n tender vir verversings toegeken aan die bieër wat die duurste gekwoteer het maar, ook die enigste een wat die bepalings nagekom het. Die tender, wat op 9 Desember verlede jaar gesluit het, is eers op 22 November gelys en vra vir koffie, tee, […]

Read More

Phala Phala-inligting dalk nie voldoende vir Cyril se kwytskelding nie

President Cyril Ramaphosa se aanspreeklikheid oor Phala Phala bly in die nuus. ‘n Regskenner, Benedict Phiri, het te kenne gegee die Openbare Beskermer se uitgelekte tussentydse verslag oor Phala Phala kan moontlik onreëlmatighede bevat. Die voorlopige bevindings het Ramaphosa vrygespreek van enige oortreding in die plaasdiefstal-skandaal. Phiri beklemtoon die uitgelekte weergawe is nie noodwendig die […]

Read More

Grondhervorming in SA werk ook nie, produktiwiteit bestaan nie

Die grondhervormingskenner Peter Setou is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse regering se trae pas met grondhervorming. Hy het in die aanloop tot Menseregtedag gesê grondhervorming is ‘n reuse-deel van daardie herdenking. Setou sê die meeste van die grond wat die regering oorhandig het, bly onproduktief. Hy sê dis belangrik dat die oordrag van grond opgevolg word […]

Read More

Netumbo loop deur na aanmerkings oor Windhoek

Die leier van die Independent Patriots for Change, Panduleni Itula, het skerp gereageer op aanmerkings deur die adjunk-premier, Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy is van mening dat kitsvloede wat in die hoofstad voorgekom het, die skuld is van die munisipaliteit. Sy het Windhoek as hel beskryf en sê leierskap ontbreek. Sy het bygevoeg dat die kiesers die […]

Read More

Goewerneur sê hulle is gereed vir, en gewoond aan, Zambezi-vloede

Die Hidrologiese Diens van Namibië se vloedbulletin dui daarop dat die Zambezirivier by Katima Mulilo geleidelik besig is om te sak, maar watervlakke bly steeds hoog op 4,94 meter. Die vloedwater druk in die verre oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-streek in. Hoë vloedwaarskuwings en gereedheid word aangeraai vir die oostelike Zambezi-vloedvlaktes weens goeie reënval-ontwikkeling in […]

Read More

SA-verbruikers skuld miljarde aan munisipaliteite

Verbruikers se skuld aan Suid-Afrika se munisipaliteite het in die laaste kwartaal van 2022 tot 305,8 miljard Suid-Afrikaanse rand gestyg. Dit is in teenstelling met 261,5 miljard rand in 2021. Data van die Nasionale Tesourie toon, huishoudings maak 71 persent van die algehele skuld uit. Sowat 84 persent van die agterstallige skuld is al langer […]

Read More

Silicon Valley-ineenstorting: Aanspreeklikheid is volgende stap sê Biden

Amerika se president, Joe Biden, sê die Amerikaanse bankstelsel is veilig. Dit volg nadat die Silicon Valley Bank, wat daarin spesialiseer om aan tegnologie-maatskappye geld te leen, die naweek ineengestort het, ná ‘n skielike vlaag onttrekkings. Dit is gevolg deur die New York-gebaseerde Signature Bank se ineenstorting. Die federale regering het ingegryp en fooie, wat […]

Read More

Saara: Ander lande raak ryk uit Namibiese diamante

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens ‘n besoek vandag aan Namib Desert Diamonds, Namdia, gesê Namibië moet waarde verseker vir sy natuurlike hulpbronne aangesien die land ‘n groot produsent van topgehalte-diamante op die wêreldmark is. Sy sê Namibië het die kapasiteit ontwikkel om verskeie produkte te myn, verwerk en te vervaardig. Die premier […]

Read More

Mieliedriehoek kry plek-plek reën, maar…

Kommer heers steeds in die Mieliedriehoek oor ‘n gebrek aan reën wat tot misoeste kan lei. Boere hoop dat die tropiese sikloon Freddy sal uitwoed en Namibiese reënpatrone na normaal sal terugkeer, wat in Februarie onder-gemiddeld was. Volgens ‘n mielieboer oos van Grootfontein, Dawie Kok het daar wel enkele buie plek-plek oor die gebied uitgesak, […]

Read More