Renperde slagoffers van betoging van diere-aktiviste

‘n Derde renperd het gevrek tydens vanjaar se Grand National-byeenkoms in Liverpool, Engeland. Altesaam 188 mense is in hegtenis geneem weens betogings oor diere-welstand in die aanloop tot die wedren. Internasionale media berig ‘n groot aantal betogers het die resiesbaan probeer binnedring. Na die betoging het die renperd Hill Sixteen gevrek toe hy by die eerste hekkie geval het. Die drukgroep sê dit is wat die betogers probeer stopsit het. Nog ‘n perd, Dark Raven, het vroeër tydens ‘n resies gevrek en Envoye Special het later tydens die byeenkoms van drie dae gevrek.