Benchmark-aftreefonds gee sy reaksie op Amupanda  

Die stigtersmaatskappy van die Benchmark-aftreefonds het sy reaksie gegee op aantygings wat deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda gemaak is. Volgens hom, het die fonds Namfisa genader om pensioengeld, wat aan afgetredenes uitbetaal word, as deel van die boedel by te voeg sou die pensioenaris sterf. Dus meen Amupanda, word daardie fondse […]

Read More

Engela-staatshospitaal kry 14 dokters

Die Engela-staatshospitaal het 14 dokters gekry om die agterstand in dienslewering aan te spreek. Dié hospitaal is die grootste in die Ohangwena-streek, en bedien ‘n groot gebied van 180 000 mense. Oor die afgelope jare het die hospitaal met net vyf dokters gewerk, wat daartoe gelei het dat pasiënte baie ure in die ry deurbring […]

Read More

BankservAfrica stel kontantvrye bankstelsel bekend

BankservAfrica in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy nuwe digitale betaalstelsel, genaamd Payshap in Suid-Afrika bekend gestel. Dit is ‘n nuwe betaalstelsel wat geen kontant verg nie. BankservAfrica se hoof van Werklike-tyd-betalings, Mpho Sadiki, sê die nuwe stelsel het ten doel om die gebruik van kontant heeltemal uit te skakel. Die stelsel laat gebruikers […]

Read More

Amnestie Internasionaal waarsku teen die gebruik van rubberkoeëls

Amnestie Internasionaal waarsku teen die polisie se gebruik van rubberkoeëls op vreedsame betogers. Die groep is besorg oor die toename in sulke gevalle. Hulle onthul in ʼn nuwe verslag hoe duisende betogers en omstanders gedood is deur die dikwels roekelose en onvanpaste gebruik van minder dodelike wetstoepassings-wapens. As gevolg van hierdie aanvalle het baie mense […]

Read More

Eskom verlaag beurtkrag na fase 3

Eskom het aangekondig dat beurtkrag vroeg môre tot fase 3 verlaag sal word weens ‘n mate van herstel in opwekkingsvermoë oor die afgelope 48 uur. Fase 3 sal om vyf-uur môreoggend tot vier-uur die middag ingestel word, en daarna sal fase 4 hervat. Volgens die woordvoerder, Daphne Mokwena, sal dit na verwagting tot verdere kennisgewing […]

Read More

Alweendo gaan ondersoek instel oor Chinese litium-myn

Die Namibiese ministerie van myne en energie het sy reaksie gegee oor berigte dat die gemeenskappe in die Daures-kiesafdeling meen die Chinese XingFeng-myn, wat litium in die gebied ontgin, onwettig is. Die groep het opgeruk en ‘n versoekskrif aan die minister Tom Alweendo, en die Tsiseb-bewaringsgebied gerig en eis dat alle aktiwiteite onmiddellik gestaak word. […]

Read More

Swakop nader voltooiing van sewe sanitasiesentrums

In ‘n poging om ‘n korttermyn-oplossing te vind om sanitasie in die informele nedersettings op Swakopmund te verbeter, nader die munisipaliteit die voltooiing van sewe sanitasie-sentrums. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, is dit ‘n oplossing terwyl gepoog word om volledige toegang tot riool-dienste te verskaf. Sy sê die rioolnetwerk en verskeie pompstasies is […]

Read More

Johannesburgse hospitaal-hoof moet trekpas kry

Die Kantoor van Voldoening van Gesondheidstandaarde beveel aan die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal in Johannesburg moet ʼn nuwe uitvoerende hoof kry. Daar is bevind die huidige hoof, Nozuko Precious Mkabayi, verwaarloos haar pligte omdat sy nie voltyds daar is nie. Die hospitaal het nie ʼn bloedbank, laboratoriumdiens of CAT-skandeerder nie. Daar is ook uitdagings met sekerheid […]

Read More

Rugby: Morné Steyn stig nuwe skop-akademie

Rugby: Die Springbok-veteraan, Morné Steyn, het sy nuwe skop-akademie begin as die volgende fase in sy luisterryke loopbaan. Die suksesvolle skopper het die stigting van die MS10 Akademie aangekondig waar hy sy vaardighede aan ‘n nuwe geslag puntemakers wil oordra. Die 38-jarige Steyn se kontrak met die Bulle eindig later vanjaar, maar hy het bevestig […]

Read More

Johannesburgse hospitaal onveilig en vuil verklaar

Die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal in Johannesburg is onveilig en vuil verklaar. Die Kantoor van Voldoening van Gesondheidstandaarde het ook vasgestel dat swanger vroue noodgedwonge op die vloer moes slaap. Die ondersoek is uitgevoer na ʼn klagte verlede jaar deur ʼn lid van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Gesondheid na bewerings oor die omstandighede ten opsigte van […]

Read More