Unam: Sperdatum vir skuldvereffening kom nader

Die Universiteit van Namibië herinnering sy studente daaraan dat uitstaande skuld teen die sperdatums vereffen moet word. Altesaam 60 persent klasgelde moet teen 30 Junie betaal wees. Indien die skuld nie betaal word nie, sal studente gederegistreer word vir die tweede semester. Die oorblywende 40 persent van die uitstaande klasgelde moet teen 30 November 2023 betaal word. Versuim om dit te doen, sal lei tot die weerhouding van eksamen0uitslae. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, Unam se woordvoerder gepraat…