Alles is stil op die noordoostelike front

Die situasie tussen Namibiese gemeenskappe langs die Botswana-grens en dié land se weermag is tans stil. Namibian Lives Matter het onlangs twee voorvalle van aggressie deur lede van die weermag van Botswana by die Namibiese polisie in die Zambezi-streek aangemeld. ‘n Boot met vier swaar gewapende lede van die BDF het die Zambezi Queen-huisboot in […]

Read More

Xi sal blykbaar met Putin, en dan Zelensky, vergader

Die President van China, Xi Jinping beplan glo om die Russiese president, Vladimir Putin volgende week in Moskou te besoek. Volgens Amerikaanse media gaan Xi ná sy vergadering met Putin, ook met die President van Oekraïne Volodymyr Zelensky vergader. Dit sal Xi se eerste vergadering met Zelensky wees sedert die Russiese inval ‘n jaar gelede. Die vergadering sal virtueel plaasvind. Die Amerikaanse Veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan sê Oekraïne het nog niks […]

Read More

Nuwe era breek môre aan vir Proteas

‘n Nuwe era breek môre vir Suid-Afrika aan onder die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die Proteas takel die Windies in ‘n reeks van drie eendagwedstryde, gevolg deur drie T20’s. Die eerste eendagwedstryd vind môre op Buffalo-park in Oos-Londen plaas. Suid-Afrika sal probeer om voort te bou op die momentum van hulle toetsreeks-oorwinning van twee-nul oor […]

Read More

Waterdepartement sal Gauteng se uitdagings aanspreek

Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie het sy planne om die wateruitdagings in Gauteng aan te pak, ter tafel gelê. Die departement sal belê in infrastruktuur, die bestuur verbeter en doeltreffendheid met die voorsiening van water verseker. Die adjunkminister, David Mahlobo, sê die provinsie het genoeg water, maar beskik nie oor deeglike bestuursvermoë nie:

Read More

Geen arrestasies in gewapende roof in Eros nie

ie Namibiese polisie sê hy ondersoek ‘n gewapende huisbraak in Eros, Windhoek wat Dinsdagaand plaasgevind het. Vyf gewapende mans het die slagoffers vasgebind en met ‘n vuurwapen aangehou. Hulle het onder andere weggekom met wapens, ammunisie en 10 000 Amerikaanse dollar in kontant. Geen arrestasies is gemaak nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, Nampol-woordvoerder gesels met Kosmos […]

Read More

eThekwini sê hy is gereed vir Maandag se EFF-optog

Die eThekwini-munisipaliteit het veiligheidspersoneel op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas vir die EFF se beoogde landwye betogings Maandag. Dit volg nadat die party besighede gewaarsku het om nié die dag sake te doen nie sodat hulle nie dalk geplunder word nie. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Msawakhe Mayisela, sê die metropolisie vergader met hul polisie-eweknieë om […]

Read More

Inflasie-syfers vertoon weer beter in Angola

Inflasie in Angola het vir die 14de agtereenvolgende maand gedaal en het in Februarie vanjaar 11,54 persent gemeet teenoor 27,28 persent wat in Februarie verlede jaar aangeteken is, en 12,6 persent wat in Januarie vanjaar gemeet is. Volgens Cirrus in die hoofstad, is die huidige vlak die  laagste sedert Augustus 2015 toe inflasie net bo 11,01 persent […]

Read More

Britse vrou amper 9 jaar tronk toe na sy lieg oor verkragting

ʼn Britse vrou is gevangenisstraf van agt-en-ʼn-half-jaar opgelê omdat sy ʼn groep Asiatiese mans van groepverkragting beskuldig het. Die 22-jarige Eleanor Williams se optrede het die lewens van die beskuldigdes verwoes. Die hof in Lancashire, Engeland, het gehoor die bewerings het tot ʼn reuse-styging in haatmisdaad in Cumbria aanleiding gegee terwyl drie van die mans selfdood probeer het. Die regter het bevind Williams het geen […]

Read More

Oorblywende maasbanker-kwota nou op veiling

Die Namibiese ministerie van visserye het te kenne gegee dat hy die oorblywende kwota, 30 540 metrieke ton maasbanker, aan die hoogste bieër sal verkoop. Luidens ‘n plasing in plaaslike media, moet alle aanbiedinge teen 31 Maart om tien-uur die oggend by die ministerie van finansies en openbare ondernemings ingedien wees. Geen aanbiedinge sal na die sperdatum […]

Read More

SABC-raad moet afgehandel word

Die buurland se minister van kommunikasie, Mondli Gungubele, sê die aanstelling van ‘n nuwe SABC-raad moet so gou as moontlik afgehandel word. Hy het gister die parlementêre kommunikasiekomitee toegespreek. Die jongste vertraging met die raad se aanstelling hou verband met die regsekerheid wat President Cyril Ramaphosa soek, oor die bykomende drie name wat die Nasionale Vergadering goedgekeur het, buiten […]

Read More