Maties stel ondersoek in na De Villiers se nepotisme-aantygings

Die Universiteit Stellenbosch se raad het besluit om ‘n onafhanklike komitee van drie lede aan te stel om bewerings teen die visekanselier, Wim de Villiers, te ondersoek. Die komitee sal kyk na bewerings van nepotisme en die moontlike skending van verwante reëls, wat verband hou met De Villiers se diskresionêre plasing van twee familielede by die universiteit. Die waarnemende raadsvoorsitter, Nicky Newton-King, sê hulle het ook besluit om die rektor se diskresionêre-plasingsbeleid in geheel te hersien.