Voedselhulp kospakkies moet self gehaal word, daar’s nie motors nie

Inwoners van die Ehirovipuka-bewaringsgebied sit met hul hande in hul hare in verband met voedselhulp. Die kospakkies word deur die eerste minister se kantoor gekoördineer en duur steeds voort veral as gevolg van swak reënval in die noordweste van die land. Maar, daar is geen voertuie om die kospakkies, wat uit vier sakke 12-kilogram pap, […]

Read More

Tolhekke: Openbare konsultasies begin binnekort

Die Namibiese Padfonds-administrasie is steeds besig om tolhekke vir die land te ondersoek. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê hul inkomstestroom is in gedrang, veral met elektriese voertuie wat al hoe meer gewild raak. Op die oomblik het die kabinet goedkeuring gegee dat openbare konsultasies op die administrasie se vatbaarheidstudie uitgevoer word. Ipinge […]

Read More

Rekord-robyn van Mosambiek gaan onder die hamer

Die grootste robyn ter wêreld wat opgeveil sal word, sal in Junie deur Sotheby’s in New York aangebied word. Die edelsteen sal na raming meer as 30 miljoen Amerikaanse dollar behaal. Die Mosambiekse robyn van 55,22 karaat wat in Julie verlede jaar gevind is, is bekend as die Estrela de Fura, is die duurste robyn […]

Read More

Gautengse vervoeroperateurs moet lisensies afhaal

Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer maan openbare vervoeroperateurs wat aansoek gedoen het maar nog nie hul bedryfslisensies afgehaal het nie, om dit voor die einde van Mei te doen. Een van die belangrikste take van die departement is om openbare vervoer in die provinsie te reguleer deur die uitreiking van bedryfslisensies. Die departement […]

Read More

Rooilynsaak: Vleisraad sal appelleer, Amupanda soek steeds koste-beskerming

Die sogenaamde rooilynsaak was weer vandag vlugtig voor regter Shafimana Ueitele. Die saak is tot 29 Junie uitgestel vir verhoor vir verlof tot appèl deur die Vleisraad van Namibië en vir ‘n beskermende kostebevel waarvoor die aansoeker, Job Amupanda gevra het. Die Vleisraad appelleer teen die ter syde stelling van sy aansoek vir verspilde koste […]

Read More

Maak so om brande in informele nedersettings te voorkom

Die wintermaande kom nader en Namibiërs moet hulself teen die koue beskerm. Die koue toestande is erger vir inwoners in informele nedersettings en hulle steek kerse, gas- of paraffienstowe aan om hulself warm te hou. Talle groot brande het in informele nedersettings ontstaan wat lewens en eiendomme geëis het. Sikongo Phillipus, senior stasiebeampte van Stad […]

Read More

Produksie-metodes met minder omgewingsimpak lei tot gesonder kos

Die wêreldwye landboumaatskappy, Heifer, het bekendgemaak dat gebruike met minder ekologiese impak weens klimaatsverandering tot die produksie van meer gesonde kos sal lei. Heifer het die Caring for the Earth-program van stapel gestuur, wat boere sal help om by klimaatsbedreigings aan te pas en om produktiwiteit te verhoog. Die program sal regeneratiewe grondbestuurspraktyke bevorder wat […]

Read More

DeSantis dreig met tronk langs Disney World

Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, het wenkbroue laat lig toe hy gesels het oor presies wat om te doen met die stuk grond langs Disney World. Hy het onlangs gepoog om beheer te neem oor Reedy Creek, die grond wat Disney daar besit maar het misluk toe Disney hom uitoorlê. Disney is sedert 1967 […]

Read More

Brittanje sal pangas, zombie-messe verban

Die Britse minister van polisie, Chris Philip, sê pangas en sogenaamde zomibe-messe met kompleks en gebuigde lemme, sal verband word. Brittanje het baie streng wetgewing in verband met messe omdat daar so baie mes-misdaad in die land voorkom en Philip sê die twee wapens het geen standaard gebruik nie.

Read More

Swakopmunders moet versigtig met water werk, ontsoutingsaanleg kry instandhouding

Die Swakopmundse munisipaliteit maan inwoners dat instandhoudingswerk by die Orano-ontsoutingsaanleg vanaf vandag tot Saterdag gedoen sal word, wat sal lei tot water-onderbrekings, of verminderde watertoevoer na Swakopmund. Die publiek word aangeraai om water spaarsamig te gebruik gedurende die onderhoudstydperk aangesien die hele Swakopmund-dorp geraak sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa, skakelbeampte van […]

Read More