Swakopmunders moet versigtig met water werk, ontsoutingsaanleg kry instandhouding

Die Swakopmundse munisipaliteit maan inwoners dat instandhoudingswerk by die Orano-ontsoutingsaanleg vanaf vandag tot Saterdag gedoen sal word, wat sal lei tot water-onderbrekings, of verminderde watertoevoer na Swakopmund. Die publiek word aangeraai om water spaarsamig te gebruik gedurende die onderhoudstydperk aangesien die hele Swakopmund-dorp geraak sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa, skakelbeampte van die munisipaliteit gepraat…