Dit sal die hele dag reën
Talle gebiede in die land is vanoggend gegroet met heerlike reënweer. Volgens Odilo Kgobetsi van die Windhoek-weerkantoor, is die donderbuie redelik wydversprei en behoort die hele dag te duur.
Helfte van SA se bevolking lewe op broodlyn
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê weens werkloosheid en armoede het misdaad in die land tot skrikwekkende vlakke gestyg. Meer as 30 miljoen Suid-Afrikaners leef onder die boonste broodlyn van 1 417 Suid-Afrikaanse rand, en 80 persent van die bevolking besit slegs 20 persent van die land se rykdom. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die regering moet meer doen om werkloosheid te […]
NamPower se verhoging binnekort bekend
Daar word verwag dat die Elektrisiteitsbeheerraad binnekort sy besluit oor kragtariewe sal bekend maak. NamPower het ‘n tariefverhoging van 16,87 persent aangevra en die raad moes teen 30 April die aansoek oorweeg het. NamPower presteer normaalweg uiters goed maar het in die vorige boekjaar erge uitdagings beleef en ‘n verlies van 1,2 miljard Namibiese dollar vir die jaar tot 30 Junie 2022 […]
Skuiwergate met onuitgekende liggame moet verwyder word
Die LUR vir Gesondheid in die Vrystaat, Mathabo Leeto, sê verskeie skuiwergate is reeds uitgeken in ‘n ondersoek na die prosedures wat gevolg word wanneer liggame ontvang en vrygestel word by die provinsies se lykshuise. Dit volg nadat die verkragter en moordenaar, Thabo Bester se metgesel, Nandipha Magudumana, Kaltego Bereng se liggaam in die Mangaung Korrektiewe Sentrum ingesmokkel het. Die liggaam is later […]
Behuising is ook ‘n reuse uitdaging in Brittanje
Behuising en huiseienaarskap is nie net plaaslik ‘n reuse uitdaging nie. In Brittanje, wat oral om beskou word as ‘n land met meer welvaart se huiseienaarskap daal. Net 11 persent word deur jongmense tussen die ouderdom van 25 tot 34 besit en dit styg effe na 15 persent vir mense tussen die ouderdom van 35 en […]
Gordon Lightfoot sterf op 84
Gordon Lightfoot, die Kanadese sanger-liedjieskrywer, is dood op die ouderdom van 84. Hy was veral bekend vir folk-pop-treffers soos If You Could Read My Mind, Sundown en The Wreck of the Edmund Fitzgerald. Hy is wat berig word in ‘n Toronto-hospitaal dood maar die oorsaak is nie bekend nie. Hy is deur Bob Dylan ‘n “skaars talent” beskryf en verskeie kunstenaars het Lightfoot se liedjies gesing, insluitend Elvis Presley, Barbra Streisand, Harry Belafonte, Johnny Cash, Anne […]
Kaalvoet-atleet ontvang Whk-Gim beurs, afrigting
Namibië se sensasionele Mudi Inosensia Haingura, die 21-jarige nasionale 400- en 800-meter kampioen, gaan skool by Windhoek Gimnasium. Sy het verlede jaar, sonder ‘n afrigter of ‘n paar tekkies Namibië in Mauritius verteenwoordig. Daarna het sy ‘n atletiek-beurs van Gimnasium ontvang waar sy nou skoolgaan en afrigting ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Colette Rieckert, Gimnasium se besturende direkteur gesels.
Mens-dier konflik by nasionale vergadering bespreek
Die Namibiese omgewingsministerie hou vanaf 10 tot 12 Mei ‘n nasionale konferensie oor mens-dier konflik in die hoofstad. Gevalle duur voort met 1 486 gevalle wat in die 2020-2021 boekjaar aangemeld is. Tussen 2008 en 2018 is 16,4 miljoen Namibiese dollar in kompensasie uitbetaal. ‘n Nuwe nasionale beleid, vir 2018 tot 2027 is reeds gepubliseer […]
Huang en kie in Augustus op 1 676 klagtes verhoor
Die nou bekende belastingontduikingsaak waarby die omstrede Chinese sakeman en persoonlike vriend van President Hage Geingob, Jack Huang betrek word, sal op 17 Augustus in die hoërhof voor regter Christie Liebenberg voorkom. Huang, en sewe Chinese sakepersone, saam met Namibiër Laurensius Julius word by die 3,1 miljard Namibiese dollar saak betrek. Nog ‘n Chinese sakeman, […]
Savanna se sake vorder goed, Schneider gesels oor jongste
Sake vorder goed met die vestiging van Savanna Beef Namibia se bedrywighede. Die tenderproses vir die opknapping van Brukkaros by Keetmanshoop het einde Maart vanjaar gesluit en die maatskappy het ook verlede week met Meatco vergader om ‘n memorandum van verstandhouding te bespreek. Mecki Schneider, die voorsitter van die Beesvleis Waardeketting-forum, wat Savanna gestig het, […]