Gwyneth Paltrow verdedigig US$300 000 dagvaardiging

Hollywood aktrise Gwyneth Paltrow is tans in die hof na ‘n tref-en-trap ski-ongeluk in 2016. Sy verdedig aantygings dat sy Terry Sanderson ernstig beseer het. Hy dagvaar haar vir skadevergoeding van 300 000 Amerikaanse dollar vir beserings wat hy as ernstig beskryf. Die 50-jarige Paltrow, het na bewering tydens ’n gesinsvakansie buite beheer geski en hom by Deer Valley Resort in Utah […]

Read More

SA bespreek gedwonge sterilisasie van MIV-positiewe vroue

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied van vandag tot Vrydag ‘n Seksuele en Reproduktiewe Geregtigheidskonferensie in Pretoria aan. Die konferensie dien as ‘n belangrike mylpaal vir die konsolidering van die werk wat die afgelope 24 jaar oor die Bevolkingsbeleid oor Seksuele en Reproduktiewe Gesondheid en Regte gedoen is. Die departementele woordvoerder, Lumka Oliphant, sê van […]

Read More

Chaos met kos by herdenking van onafhanklikheid

President Hage Geingob het by die Onafhanklikheidsvieringe, die baie belangrike persone opdrag gegee om nie middagete te geniet nie en dit eerder vir die publiek aan te bied – blykbaar omdat daar nie genoeg kos was nie. Die vieringe se spyskaart was onlangs in die nuus met wesenlike verskille tussen die gepeupel en die ministers […]

Read More

Man wat blykbaar stiefseun, 5, vermoor, verskyn weer op Walvis

Die vermeende moordenaar van die vyf-jarige Wilfred Eiseb wie se liggaam in die duine by Narraville ontdek is, sal vandag weer in die hof op Walvisbaai verskyn. Die 29-jarige Rikki Narib het op 9 Januarie in die landdroshof verskyn. Hy is die stiefpa van Eiseb, en het onskuldig gepleit. Hy is borgtog geweier en sy […]

Read More

ActionSA kondig sy nuwe Tshwane-3 aan na voriges uit party geskors is

ActionSA in Gauteng het sy kandidaataanwysingsproses afgesluit na ‘n volledige hersiening van sy proporsionele verteenwoordigingslys in Tshwane. Dit volg na die beëindiging van die lidmaatskap van drie raadslede wat glo saam met die ANC en die EFF gewerk het. James de Villiers van ActionSA sê die hersiening het gelei tot die Onafhanklike Verkiesingskommissie se goedkeuring […]

Read More

Robertson vat All Blacks-leisels by Foster oor

Scott Robertson gaan die All Blacks se hoofafrigter van 2024 af wees. Die 48-jarige gaan verdere sleutelaanstellings vir sy afrigtings- en bestuurspan aankondig voor hy amptelik sy nuwe rol opneem na die afsluiting van vanjaar se Rugby-wêreldbeker.  Robertson se kontrak strek tot die einde van die 2027 Wêreldbeker. Hy volg die huidige hoofafrigter, Ian Foster, […]

Read More

Hage gesels eenheid op Onafhanklikheidsdag

President Hage Geingob het op Onafhanklikheidsdag melding gemaak van die bydra wat Rusland, China, Kuba en die Skandinaviese lande gemaak vir hul bydrae aan Namibiese vryheid. Hy sê dit dit is ‘n dag vir eenheid.

Read More

PDM se Hengari ook agter tralies, met Amushelelo

Die LP vir die PDM, Inna Hengari, is ook in hegtenis geneem toe sy by die Seeis-polisieselle opdaag, saam met Micheal Amushelelo se vrou, Julietta, na hy en Dimbulukeni Nauyoma vanoggend gearresteer is. Video’s deur plaaslike media toon dat owerhede die media uit die aanklagkantoor gejaag het met die aankondiging dat hulle nie toestemming aan […]

Read More

Macron sal môre sê oor wantroue-stemming

Die Franse President Emmanuel Macron sal môre sy stilte verbreek oor sy planne nadat sy administrasie twee mosies van wantroue in die parlement oorleef het oor pensioenhervorming. Meer as 200 mense is Maandagaand regoor die land in hegtenis geneem nadat spontane betogings uitgebreek het ure nadat Macron se regering die parlementêre stemming net-net oorleef het. […]

Read More

Credit Suisse se goeters aanlyn opgeveil… net-net in tyd

Enkele ure nadat sy staatsondersteunde oorname deur UBS-groep aangekondig is, is memorabilia met Credit Suisse se naam en handelsmerk op, in Switserland te koop aangebied. Tientalle stawe goud, gestempel met die naam van die uitreiker – die 167-jarige Credit Suisse – is op die mark geplaas. Blou en rooi ski-hoede met die ‘CS’-letters, wat die […]

Read More