Jongmense en werk in die energie-sektor in die soeklig in Johannesburg

Die tweede jaarlikse energieberaad oor jeug en billike energie-oorgangsgeleenthede begin vandag in die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg. Hierdie jaar se fokus is op die jeug se aktiewe soeke na ekonomiese geleenthede in energie-oorgang en die opkomende laekoolstof-energiesektor. Lwazi Ntombela van die Suid-Afrikaanse Jeug Ekonomiese Raad hoop die beraad sal die regering en die privaat sektor bymekaarbring […]

Read More

Booys: Verkragting-klag is sameswering

Die voormalige streeksraadslid vir Okahandja, Steve ‘Biko’ Booys sê die klagte van verkragting teen hom is ‘n as gevolg van ‘n sameswering teen hom. Hy word in die Windhoek-streekshof verhoor op klagtes van verkragting en bloedskande. Hy het aan die hof gesê die klaer in die saak het geestesprobleme en is bipolêr en dus, nie […]

Read More

Gun Free SA wil SAPD hof toe sleep oor verkoop van vuurwapens aan skelms

Gun Free SA gaan regstappe instel teen die minister van Polisie, Bheki Cele, oor die onwettige verkoop van wapens aan misdadigers. Die organisasie eis skadevergoeding vir die dood van 89 kinders en 170 kinders wat weens nalatige vuurwapenbestuur gewond is. Dit volg op die skuldigbevinding van die gewese senior polisie-offisier, Christiaan Prinsloo, in 2020 oor […]

Read More

Met my hand op my hart – Boris getuig oor Partygate

Die voormalige Britse premier Boris Johnson het toegegee dat hy die parlement mislei het oor partytjies by Downingstraat 10 tydens die Covid-19 pandemie, maar sê hy het dit nie opsetlik of roekeloos gedoen nie. Hy het voor ‘n ondersoek-komitee, wat moet bepaal of hy aspris gelieg het of nie, getuig en sê hand op sy […]

Read More

Du Toit sluit na Wêreldbeker by Bath aan

Bath het bevestig die Haaie se Springbok-stut, Thomas du Toit, gaan hom na vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk by hulle aansluit. Die Engelse Premierliga-klub word deur die voormalige hulpafrigter van die Springbokke, Johann van Graan, afgerig. Die 27-jarige Du Toit het sedert 2018 in 15 toetse vir Suid-Afrika gespeel en die Durbanse span in 105 […]

Read More

Otji-moordbeskuldigde borgtog geweier

Die 31-jarige man wat na bewering sy 28-jarige meisie, Auguste Jonas, op Otjiwarongo 13 keer met ‘n mes gesteek het, is borgtog geweier.  Die moordbeskuldigde, Protasius Kuuvilwa het  voor landdros Peingondjabi Shipo in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn. Staatsaanklaer, Eva Hamutwe het borgtog teengestaan weens die ernstige aanklag van moord en gesê dit sal nie in die […]

Read More

Nog geen sonpanele op Gautengse staatsgeboue

Die DA in Gauteng sê die provinsiale infrastruktuur-befondsings-agentskap het die dak-sonpaneelprojek in die 2013/2014-boekjaar ingestel wat veronderstel was om krag van privaatsektor vennote aan te koop. Dit het bykans ‘n dekade later nog nie gebeur nie, ten spyte van die land wat onderwerp word aan maande se kragonderbrekings. Die DA-lid, Adriana Randall, sê dit is […]

Read More

Amnestie Internasionaal vra Uganda om anti-gay-wette te verwerp

Amnestie Internasionaal het ‘n beroep op die Ugandese President, Yoweri Museveni, gedoen om die anti-gay-wetsontwerp wat deur die parlement aanvaar is, te verwerp. Ugandese wetgewers het die wetsontwerp Dinsdag goedgekeur en streng strawwe uitgevaardig vir enigiemand wat betrokke is by selfdegeslag-aktiwiteite. Amnestie se direkteur van Oos- en Suider-Afrika, Tigere Chagutah, sê die president moet die […]

Read More

Boks: Tyson Fury is woedend

Boks: Oekraïne se swaargewig-kampioen, Oleksandr Usyk, kan sy rug draai op onderhandelinge met Tyson Fury oor ʼn onbetwiste swaargewig-geveg einde April. Die moontlikheid van ʼn onmiddellike herontmoeting is ʼn taai toffie tydens onderhandelinge. Usyk is die kampioen van die WBA, IBF en die WBO en dring aan op ʼn herontmoetings-klousule terwyl die WBC-kampioen, Fury van […]

Read More

Kaapstadse polisie vra glo geld vir polisiebegeleiding

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveilgheid, Reagen Allen, sê daar sal dadelik en ernstig teen polisiestasies en -beamptes opgetree word wat na bewering inwoners vra om te betaal vir polisiebegeleiding. Bewerings het na vore gekom dat daar by sommige van Kaapstad se polisiestasies van inwoners verwag word om 75 Suid-Afrikaanse rand te betaal vir polisie-begeleiding tydens […]

Read More