M-pokke epidemie in DRK - December 5, 2023

Entstowwe en behandelings wat kan help om ‘n m-pokke epidemie, voorheen bekend as aappokke, in die Demokratiese Republiek van die Kongo aan te pak, lê ongebruik buite die land ondanks ‘n sterftesyfer wat baie hoër is as van die wêreldwye uitbreking wat verlede jaar begin het. Stigma, regulatoriese struikelblokke en ander siektes is almal faktore […]

Read More

‘Iemand’ het geweet van Hamas se aanval - December 5, 2023

Israeliese owerhede ondersoek bewerings deur Amerikaanse navorsers dat sommige beleggers moontlik vooraf geweet het van ‘n Hamas-plan om Israel op 7 Oktober aan te val en daardie inligting gebruik het om voordeel te trek uit Israeliese markte. Navorsing deur regsprofessore Robert Jackson van New York Universiteit en Joshua Mitts van Columbia Universiteit het beduidende kortverkope […]

Read More

Kommer oor roekelose matriek-partytjies - December 5, 2023

KwaZulu-Natal se LUR van Onderwys, Mbali Frazer, het hartseer uitgespreek nadat drie matriekleerders van die Mnyamande High School verongeluk het. Hulle was op pad huis toe nadat hulle die einde van die eksamen gevier het toe hulle in die Amajuba-distrik in ʼn botsing betrokke was. Drie ander is beseer en sterk tans in die hospitaal […]

Read More

Schlettwein verdedig hervestiging - December 5, 2023

Die landbouminister Calle Schlettwein sê dat die besluit om 37 huishoudings op ‘n plaas van 2 835 hektaar te hervestig is korrek. Die grond kan 212 stuks grootvee dra en volgens Schlettwein het die groep begunstigdes 59 bees, 170 bokke en 24 skaap. Die groep is ook dieselfde wat by Hochveld afgesit is en daarom […]

Read More

Meer besonderhede oor Hamas-aanval op 7 Oktober - December 5, 2023

Owerhede in Israel sê die aanval deur Hamas op 7 Oktober was uiters gewelddadig en het veral verkragting van vroue ingesluit. Ongeveer 1 200 mense is in die aanval, wat kommentators sê die regering van geweet het maar nie ernstig opgeneem het nie, dood. Die land se polisie se hoof superintendent, Yael Richert het besonderhede […]

Read More

Parys sal veilig wees tydens Spele - December 5, 2023

Parys se onderburgemeester vir sport beloof die Franse hoofstad sal die veiligste plek op aarde wees tydens volgende jaar se Spele. Pierre Rabadan het gereageer op die naweek se voorval naby die Eiffeltoring wat die lewe van ‘n Duitse burger geëis het. Die verdagte is aangekeer en teen-terrorisme-agentskappe ondersoek tans die verskyning van ‘n video […]

Read More

Brandstof: Verligting met daling van N$1,30 ‘n liter - December 5, 2023

Die petrol- en dieselprys vir Desember daal met 1 dollar 30 per liter. Dit geld vir beide grade van diesel. Die prys tree vannag om middernag in werking. Salome Nghoshi, ‘n petroleum-ekonoom by die ministerie van myne en energie het meer oor die redes vir die daling.

Read More

Hof keer Mededingingskommissie se besluit om - December 5, 2023

Die Namibiese Mededingingskommissie is ‘n groot terugslag toegedien nadat die hoërhof sy besluit in die saak van die Farmaseutiese-vereniging ter syde gestel het. Dit kom nadat die saak gesentreer het op die mededingingswaghond se ondersoek na die beweerde oplegging van ‘n 50 persent winsmarge op voorskrifmedisyne deur die PSN en sekere lede. Verder het die […]

Read More

ActionSA sê hy fokus nou op die verkiesing - December 5, 2023

ActionSA sê hy sal doelgerig fokus op volgende jaar se verkiesing in Suid-Afrika om te verseker dat hy die ANC-regering ontsetel en begin werk om Suid-Afrika te herstel. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof die grondwetlikheid van die Kieswet bevestig en die vereiste vir handtekeninge vir onafhanklike kandidate op een-duisend vasgestel het. Die party onderneem […]

Read More

COP28-president is verkeerdelik aangehaal - December 5, 2023

Die herrie is los by COP28 na Britse media berig het dat die COP28-president Sultan al Jaber gesê het daar is geen wetenskaplike bewyse dat fossielbrandstowwe klimaatsverandering veroorsaak nie. Maar, hy is blykbaar verkeerdelik aangehaal omdat al Jaber meen dat fossielbrandstowwe nie dringend uit die energiebronne van die wêreld gehaal kan word nie. Hy het […]

Read More