Goagoses prys hantering van begroting - November 15, 2023

Die adjunk-minister van stedelike- en landelike ontwikkeling, Natalia Goagoses, het in die Nasionale Vergadering Namibië se hantering van sy begroting geprys. Sy sê die land doen heelwat beter as baie van sy buurlande, veral omdat daar nie oorbestee word nie. Goagoses ondersteun ook die middeltermynbegroting, wat operasionele uitgawes se aandeel met 10 persent verhoog het […]

Read More

Spaar water, Windhoekers! - November 15, 2023

Die Stad Windhoek waarsku inwoners dat hulle dringend moet water bespaar, aangesien die weeklikse teiken weer oorskrei is, hierdie keer met 28 persent. Die stad beleef kategorie C-waterskaarste en daar moet 10 persent water bespaar word om die teiken te bereik. Inwoners word versoek om nie meer as 50 liter water per persoon per dag […]

Read More

Ondangwa sonder water weens gebarste pyp - November 15, 2023

Inwoners van Ondangwa en Omuthiya in die Oshana-streek het sedert Dinsdagaand nie water nie weens die Oshali-pyp wat onder die J&M Kompleks in Ondangwa gebars het. NamWater se hoof strategie en korporatiewe sakebeampte, Kadiva Hamutumwa, sê herstelwerk kan tot 48 uur neem, omdat gedeeltelike opgrawings gedoen moet word. Sy voeg by watertoevoer stroomaf van Ondangwa […]

Read More

Verwyder Rand Water se hoof: DA - November 15, 2023

Die DA het opgeruk na die departement van water en sanitasie in Pretoria om ‘n versoekskrif in te dien rakende die huidige wateruitdagings in Gauteng. Verskeie gebiede in die stede van Johannesburg en Tshwane ervaar deurlopende wateruitdagings. Die DA se Gautengse voorsitter, Solly Msimanga, sê die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, moet aandag […]

Read More

Krag onderbreek in Kavango-Oos en -Wes - November 15, 2023

Inwoners van die Kavango-Oos- en Wes-streke moet hulle regmaak om komende Sondag geen krag te hê nie. NamPower het ‘n geskeduleerde kragonderbreking tussen 7-uur Sondagoggend en 7-uur die aand aangekondig om ‘n nuwe transformator by die Rundu substasie aan te sluit en te aktiveer. Okahandja se krag sal ook op Sondag, 3 Desember onderbreek word […]

Read More

GoTV se stroomdienste is hier! - November 15, 2023

GoTV het in die hoofstad sy stroomdienste bekendgestel  aan die media. Roger Gertze, die besturende direkteur van Multichoice Namibië, sê die nuwe dienste gaan reeds die week beskikbaar wees en is gemik op die laer-inkomste groepe. Al GoTV se kanale gaan op die stroomdienste beskikbaar wees. Gertze deel meer.

Read More

SA registreer kiesers - November 15, 2023

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het aangekondig alles is slaggereed vir die komende kiesersregistrasienaweek in die buurland. Die uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het die jongste inligting verstrek oor die OVK se voorbereidings en onthul meer as ‘n miljoen mense het sedert die bekendstelling van die aanlyn portaal geregistreer. Verder is 69 780 personeellede geregistreer en opgelei vir […]

Read More

Parkinsons-lyer loop weer na inplanting - November 15, 2023

‘n Fransman met ‘n gevorderde stadium van Parkinson se siekte sê dit is wonderlik om weer te loop nadat hy ‘n nuwe spinale inplanting ontvang het. Die 63-jarige, net bekend as Marc, is 20 jaar gelede met die toestand gediagnoseer en hy kon later nie meer sonder hulp loop nie. GoodNewsNetwork berig hy was die […]

Read More

Nampol sê oor twee babastortings - November 15, 2023

Die Khomas-polisie het meer inligting bekend gemaak oor twee babastortings wat in Havana in die hoofstad aangemeld is. In die eerste geval is ‘n verdagte gearresteer nadat inligting bekom is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. In die tweede geval sê Shipandeni die oorskot was ontbind en ‘n ondersoek is van stapel […]

Read More

Goeie, hoë-gehalte water nodig soos Kaap warmer word - November 15, 2023

Die Stad Kaapstad verwag ‘n toename in besoekers aan die strande en ander openbare ontspanningsgeriewe, te midde van die hitte-waarskuwing wat die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik het. Kaapstad het meer as 300 kilometer kuslyn, en gegewe die heersende weerstoestande kan dit aanloklik wees om bloot by die naaste strandgebied te gaan afkoel. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste […]

Read More