
F1 bevestig Grand Prix is aan in Abu Dhabi - November 3, 2023
Formule Een verwerp bespiegeling dat die Grand Prix in Abu Dhabi later die maand gekanselleer kan word weens die konflik in die Midde-Ooste. Die gerugte het ontstaan nadat die Britse ministerie van Buitelandse Sake burgers wat die Verenigde Arabiese Emirate besoek, gewaarsku het om op hulle hoede te wees weens die toenemende bedreiging van terroriste-aanvalle. Daar word berig […]
Verbruikers, ondernemings en voedsel-etikette… - November 3, 2023
Die Stad Kaapstad se Omgewingsgesondheidsdiens doen ‘n beroep op ondernemings om aan voedselveiligheidsregulasies te voldoen om beide gesondheids- en finansiële voordele te verseker. Hulle raai verbruikers ook aan om voedseldatum-etikette te verstaan en te onderskei tussen die beste voor-, verkoop-teen- en gebruiksdatums, om verbruikers te lei oor voedselveiligheid en om vermorsing te verminder. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê […]
Xinfeng boor blykbaar op hevestigingsplaas langs myn - November 3, 2023
Die landbouministerie neem stappe om die boor van watergate op hervestigingsplase deur die Chinese Xingfeng myn onmiddellik te staak. Plaaslike media berig die Chinese myner het drie gate op ‘n naburige regeringsplaas geboor sonder enige permit of toestemming om water aan sy Uis-bedrywighede te voorsien. Volgens wat berig word het die maatskappy ook begin om naby Omaruru te myn terwyl hy net eksplorasie moes doen. Xinfeng ontken die aantygings. Die landbouministerie het […]
SARB se mandaat bly onveranderd - November 3, 2023
President Cyril Ramaphosa het bevestig daar is geen planne om die Suid-Afrikaanse Reserwebank se mandaat te hersien nie. Hy het tydens sy toespraak in die Nasionale Vergadering gesê die sentrale bank se benadering bedien die land goed, en daar is geen voorneme om van sy huidige koers af te wyk nie. Ramaphosa het oproepe van […]
Kripto-wunderkind Bankman-Fried is skuldig - November 3, 2023
Die stigter van die nou-bankrot kripto-beurs FTX, Sam Bankman-Fried, is in New York skuldig bevind op al sewe aanklagte van aanlyn bedrog en sameswering om geld te was. Aanklaers het die 31-jarige daarvan beskuldig dat hy vir beleggers en leners gelieg het en miljarde dollar van die kripto-geldeenheid-beurs FTX gesteel het, wat tot die ineenstorting van die beurs […]
Gaza-oorlog het sy piek bereik – Bibi - November 3, 2023
Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu sê gevegte in Gaza is op ‘n hoogtepunt. Israel het die gebied met lugaanvalle gebombardeer sedert Hamas meer as 1 400 mense in Israel doodgemaak en meer as 200 ander ontvoer het. Die Hamas-beheerde ministerie van Gesondheid in Gaza sê meer as 9 000 mense is sedert die sewende van verlede maand in die […]
MTC is tevrede met SIM-registrasie - November 3, 2023
Die kommunikasie-regulerende owerheid van Namibië het in Januarie verpligte SIM-kaartregistrasie ingestel. Die sperdatum vir registrasie is 31 Desember vanjaar, waarna SIM kaarte wat nie geregistreer is nie, geblok sal word. Die publiek is verdeeld oor die kwessie, veral weens kommer oor hoe die inligting wat verskaf moet word, gebruik sal word. MTC gaan egter voort met […]
Daar was niks geheimsinnig oor EU-ooreenkoms nie - November 3, 2023
Die Namibiese Landbou-handelsforum het meer inligting bekend gemaak oor die nie-ondertekening van die sogenaamde Afrika-, Karibiese en Stille Oseaan-lande en EU ooreenkoms, bekend as ACP-EU. In ‘n verklaring sê Anton Faul van die forum die nie-ondertekening van die ooreenkoms het geen implikasies vir die bestaande Namibiese handelsbetrekkinge met die EU nie. Dit sluit ons belastingvrye, […]
Mediese fondse van onderduimse taktiek beskuldig - November 3, 2023
Die mediese fonds-bedryf word deur die Namibiese Privaatpraktisynsforum daarvan beskuldig dat hulle valse aantygings teen lede en medici maak, eenvoudig omdat hulle begin swaar trek as gevolg van hoër eise. Die forum beskuldig mediese fondse daarvan dat hulle onderduimse taktiek gebruik om kostes te spaar deur ongegronde aantygings teen medici te maak. Kosmos 94.1 Nuus […]
Verkryging deur gesondheid bly in die nuus - November 3, 2023
Die regering se verkrygingsprosesse is weer in die nuus nadat die voormalige gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku, ‘n einde aan middelmanne, tenderpreneurs en aktetas-ondernemings in die prosesse bepleit het. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het al vroeër gewaarsku oor ‘n beduidende skuiwergat wat toegemaak moet word. Links het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê […]