
Proteas vermorsel Engeland in rekord-sege - October 22, 2023
Heinrich Klaasen het ‘n briljante Wêreldbeker-honderdtal geslaan en Suid-Afrika gehelp om Engeland in Mumbai met ‘n rekord 229 lopies te klop. Die kampioene se verdediging van hulle titel wankel nou. Klaasen het, ondanks herhaalde krampe, 109 aangeteken vir ‘n reuse totaal vir die Proteas van 399 vir sewe. Engeland het toe ineengestort tot 170 almal […]
Misdade teen bejaardes neem toe - October 22, 2023
Daar is ‘n toename in misdade teenoor bejaardes regoor die land, aangesien boewe bewus is daarvan dat hulle alleen woon, sonder hulp van ‘n jonger persoon. Vroeër die week is ‘n bejaarde egpaar in hul huis in Kramersdorf in Swakopmund beroof, maar het ongedeerd daarvan afgekom. Nie alle slagoffers is so gelukkig nie. Die Erongo-polisie […]
Kaapstad slaan toe teen bendes - October 22, 2023
Wetstoepassers van die Stad Kaapstad tree beslissend op om die bende-oorlog op die Kaapse Vlakte te ontlont. Hulle het lede van die stad se Wetstoepassing-bevorderingsplan ontplooi, wat saamwerk met die polisie- en Metro-polisie-eenhede, sowel as ‘n hommeltuig-span, in teenmisdaadoperasies wat beheerpunte en deursoekings insluit. Die stad sê, die onlangse arrestasie van gewapende bendelede beklemtoon hoe […]
Joernaliste sterf in Israel-Gaza konflik - October 22, 2023
Die Komitee om Joernaliste te Beskerm sê ten minste 22 joernaliste tel onder die meer as 4 000 dooies aan beide kante van die Israel-Gaza-konflik sedert die oorlog op 7 Oktober begin het. Agtien van hulle is Palestyne, drie is Israeli’s en een is Lebanees. Agt joernaliste is na wat berig word gewond en drie […]
Springbokke maak dit net-net teen Engeland - October 22, 2023
Handré Pollard het Engeland se harte gebreek met ‘n 49-meter strafskop drie minute voor die einde van die wedstryd wat Suid-Afrika ‘n plek in die Wêreldbeker-eindstryd gegee het. Die Springbokke het gisteraand die halfeindstryd op Stade de France met 16-15 gewen. Hulle was van die tweede minuut af agter toe Owen Farrell geslaag het met […]
Maak plan met huurbeheer: navorser - October 21, 2023
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vra vir die vinnige implementering van die Wetsontwerp op Huurbeheer om stygende huurkoste aan te spreek en huurders teen uitbuiting te beskerm. ‘n Navorser by die instituut, Kitty McGirr, sê die regering moet die implementering van buigsame grondbesit versnel om bekostigbare behuisingsopsies vir sy mense te bied, veral dié met […]
Kommer oor min speurders neem toe - October 21, 2023
Die kriminoloog Guy Lamb het kommer uitgespreek oor die kritieke tekort aan speurders in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die nasionale Polisiekommissaris Fannie Masemola het die verlies onthul van 8 400 speurders van 2017 af. Dit laat die diens met net 17 600 speurders, wat ‘n aansienlike afname is van die 26 000 ses jaar gelede. Lamb […]
En die vetste beer is … - October 21, 2023
Wanneer dit kom by kilogramme opstapel om ‘n Alaska-winter te oorleef, is Grazer vanjaar se onbetwiste kampioen. Grazer, ook bekend as Beer 128 vir die aanhangers van die Vet Beer-week in Alaska se Katmai Nasionale Park, het vanjaar se kompetisie gemaklik gewen. Sy het vyf keer meer stemme gekry as haar naaste teenstander. Die jaarlikse […]
Volg so die sokker in Windhoek lewendig! - October 21, 2023
Shaun Powell van Gravity Live gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die Debmarine NFA Premierliga wat hulle gaan uitsaai op hulle webtusite en op Facebook. Die wedstyde gaan by die Universiteit van Namibië plaasvind. Die eerste wedstryd begin vandag om vier-uur en aanhangers hoef niks van die aksie mis te loop nie, wat aan jou […]
Kanker in die kollig - October 21, 2023
Die Ongwediva Medipark bied sy 11de jaarlikse bors-, servikale- en prostaatkanker-bewusmakingsveldtog aan om bewustheid te verhoog oor die potensiële risiko’s verbonde aan hierdie kankers. Hospitaalbestuurder Sakeus Kamati sê die veldtog begin met ‘n pretloop teen kanker en ‘n voortgesette professionele ontwikkeling-aanbieding. Hy voeg by Ongwediva Medipark is daartoe verbind om die lewens van kankerpasiënte te […]