
Zim-wetgewer beeldsend sy ontvoering op Facebook - November 3, 2023
’n Vinnigdenkende opposisiewetgewer in Zimbabwe het sy eie ontvoering via ’n Facebook Live-stroom uitgesaai. Die 25-jarige Takudzwa Ngadziore, die Citizens Coalition for Change se jeugkwota-parlementslid vir Harare, het in wat gelyk het soos ‘n werkswinkel ingehardloop en geskree dat hy gevolg word, en toe sy Facebook geaktiveer. Die video wys hoe twee mans na hom toe hardloop, een met ‘n AK-47. Ngadziore is later naak in ‘n myn gebied gevind. Daar word beweer dat hy tydens die ontvoering met ‘n onbekende […]
Fisikus verklaar verskynsel op Gondwana-video - November 3, 2023
Padlangs op Facebook het ‘n video gedeel wat deur Gondwana se NamibiaCam in die verre suide in die woestyn iets vreemds vasgevang het. Dit kom voor soos ‘n stadige vlieënde voorwerp, wat ‘n groot stert agterlaat, en hy sweef regoor die video van regs na links. Kosmos 94.1 Nuus was net so nuuskierig en het aangeklop by Unam se hoof van fisika, […]
Ekonome stem ooreen, die repokoers sal onveranderd bly, vir nou - November 3, 2023
Met die jongste kredietverlening syfers vir September wat bekend is, is die repokoers weer in die nuus. Die repokoers is plaaslik onveranderd gehou en so ook in die VSA met die Federale Reserwebank wat sy aankondiging Woensdag gemaak het. Ontleders sê hulle voorsien dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy koers onveranderd sal hou op 23 November […]
Shell teiken nog twee putte - November 3, 2023
Shell sal oor die volgende ses tot nege maande nog twee putte aflandig in die suide van die land boor. Volgens die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Wael Sawan, het hulle belowende data oor ‘n moontlike nuwe bron ontvang. Die olie-reus beplan om een eksplorasieput, een en evalueringsput te boor en een vloeitoets by sy eksplorasielisensies uit te voer na die jongste data volgens hom baie beduidend […]
Klein mosierol maar duur eiendomme - November 3, 2023
Daar was ‘n skamele 61 aansoeke om verstekvonnisse, met agt reël 108 aansoeke, in die mosiehof vanoggend en die sessies is deur regters Shafimana Ueitele en Nate Ndauendapo hanteer. Kommersiële banke het net 25 aansoeke vandeesweek gehad met tien uitstaande lenings ter waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar, en een voertuig wat terugbesorg moet word. Daar was net 14 agterstallige eiendomslenings maar, die waarde is […]
Dagga-gebruikers word onnodig vervolg - November 3, 2023
Prokureur Norman Tjombe sê die private gebruik van dagga moet so gou moontlik in die parlement aangespreek word. Hy sê dit is tyd om dit te hanteer as ‘n saak wat nie net op mense se privaatheid inbreuk maak nie, maar ook op volgelinge van die Rastafariese godsdiens. Dit kom nadat die president van die Ganja Users of Namibia-organisasie en die […]
SPYL-protes: Ministers maak saam met hul luukse voertuie naby - November 3, 2023
Die Swapo-jeugliga se protes in solidariteit met Palestina wat tans aan die gang is het verskeie hooggeplaastes gelok met ministers soos Doreen Sioka, Utoni Nujoma en Peya Mushelenga wat saam gemaak het, al was hul luukse swart voertuie altyd naby. Die groep het ‘n verklaring by die VN se kantore in Klein Windhoek gemaak, en Mushelenga het melding gemaak van Palestynse vroue en kinders […]
Groot netwerksessie in die hoostad volgende week - November 3, 2023
Die Africa Hospitality Investment Forum en AviaDev bied volgende week Dinsdag ‘n gesamentlike netwerksessie vir plaaslike belanghebbendes in die hoofstad aan. Die geleentheid vind in samewerking met die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Lughawensmaatskappy plaas. Die hoofdoel is om die land se potensiaal om beleggers en bedryfsleiers te lok uit te brei. Woordvoerder by die Lughawensmaatskappy, Dan Kamati het met Kosmos 94.1 Nuus oor die geleentheid gesels.
EFF sê Agoa is imperialisties - November 3, 2023
Die EFF sê hy veroordeel Amerika se gebruik van die Wet Op Groei en Geleenthede in Afrika as ʼn imperialistiese instrument om mikrobeheer oor Afrikalande uit te oefen. Suid-Afrika bied tans die Agoa handels- en ekonomiese samewerkingsforum in Johannesburg aan om handels- en beleggingsbande tussen Amerika en Afrika te versterk. Die EFF sê Suid-Afrika se mislukking om teen Amerika se handels-afknouery op te staan het […]
Selfs Yellen is teen Huis se Israel-plan gekant - November 3, 2023
Die Verenigde State se Huis van Verteenwoordigers het ‘n Republikeinse plan goedgekeur wat 14.5 miljard Amerikaanse dollar in militêre hulp aan Israel verskaf. Die plan, wat gefinansier word deur besnoeiings aan die land se interne inkomstediens het grootliks volgens partylyne geslaag maar, daar is nie veel hoop daarvoor in die Senaat nie. Die Amerikaanse finansminister Janet Yellen het ook haar kritiek daarteen uitgespreek en sê hulp […]