Chaos heers in noorde van Mali - November 3, 2023

Die Verenigde Nasies se vredesmagte wat inderhaas hul basisse in die noorde van Mali verlaat, moet miljoene Amerikaanse dollar se sensitiewe toerusting vernietig om te verhoed dat dit in die verkeerde hande beland, volgens die VN. Daar heers chaos in Noordelike Mali weens gevegte tussen Toeareg rebelle en regeringsmagte wat meeding om beheer oor gebiede […]

Read More

Wayne Barnes tree uit - November 3, 2023

Die skeidsregter in die Wêreldbeker-eindstryd, Wayne Barnes, tree uit. Hy hou die rekord vir die meeste toetse met die kampioenskapswedstryd in Parys wat sy 111de was. Die 44-jarige Engelsman het 27 wedstryde in vyf Wêreldbekertoernooie hanteer, en 26 kragmetings in die Sesnasies. Hy was ook die hulpskeidsregter in 92 toetse en die televisie-skeidsregter in drie. […]

Read More

Skryftalent word weer vereer - November 3, 2023

Namibiese skryftalent word steeds ontdek, gekoester en gepubliseer in Doek! Literêre Tydskrif, die eerste en enigste van sy soort in die land. Die kortlys van die tweede uitgawe van die Bank Windhoek Doek Literêre Toekennings bevat plaaslike werke van fiksie, nie-fiksie, poësie en visuele kuns wat aanklank gevind het by skrywers in die land, in […]

Read More

Krieket Namibië se Voetsoolprogram loop mooi - November 3, 2023

Krieket: Krieket Namibië se Voetsoolprogram vorder goed. Na die toekennings wat die sportliggaam vroeër vanjaar van die Internasionale Krieketraad ontvang het vir hul inisiatiewe, kan hulle voortgaan om ‘n verskil te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, Rudie Van Vuuren, gepraat oor die vordering van die program.

Read More

Hage se San-fees besoek ‘is verkiesingsfoefie’ - November 3, 2023

President Hage Geingob, vergesel deur verskeie nasionale en streekleiers, woon die jaarlikse San Kultuurfees by Gobabis in die Omaheke-streek by. Die staatshoof het ook met die Omaheke-streekgoewerneur, Pijoo Nganate, vergader om onder meer kwessies wat verband hou met ontwikkeling en wanvoeding te bespreek. ‘n Paar Namibiërs lewer kommentaar op sosiale media dat die president net […]

Read More

Gee ontwikkelende lande ‘n kans - November 3, 2023

Ontwikkelende lande moet ruimte gegun word om te ontwikkel terwyl hulle hul waterbronne volhoubaar benut, het landbou en water-minister, Calle Schlettwein, by die Kaïro Waterweek-konferensie in Egipte gesê. Negentig persent van die impak van klimaatsverandering is waterverwant en ontwikkelende lande se uitdagings is dat meer water vir groeiende bevolkings benodig word, en om meer voedsel […]

Read More

Regsvereniging wen menseregte prys - November 3, 2023

Die Namibiese Regsvereniging het sy gala-dinee en eerste lede-toekenningsseremonie gehou onder die tema “Beveilig die toekoms van die regsberoep in Namibië”. Die Regsbystandsentrum van Namibië het die toekenning vir beste bydrae tot menseregte gewen. Die sentrum se hoofdoelwit is om die menseregte van alle Namibiërs te beskerm, en is die enigste organisasie van sy soort […]

Read More

Entrepreneurskap kan welvaart skep - November 3, 2023

Die Koperfees-inisiatief poog om nuwe sakegeleenthede te bevorder wat Tsumeb-inwoners sal help om werkloosheid en armoede te oorkom. Matheus Hangula, burgemeester van Tsumeb, het tydens die amptelike opening van die 10de Koperfees gesê entrepreneurskap moet bevorder word, want selfvoorsiening kan ekonomiese welvaart verseker deur die implementering van amptelike nasionale ontwikkelingsplanne. Zebra Kasete, besturende direkteur van […]

Read More

Verleng Agoa-ooreenkoms, pleit Cyril - November 3, 2023

President Cyril Ramaphosa beklemtoon dit is belangrik om die Agoa-handelsooreenkoms met Afrika te verleng. In sy toespraak by die Agoa-beraad op die tweede dag van die geleentheid by Nasrec, Johannesburg, het Ramaphosa benadruk Agoa bied wedersydse voordele vir sowel Afrika as Amerika. Hy het die behoefte aan sekerheid oor die duur van Agoa uiteengesit en […]

Read More

Uitvoere val skerp in September - November 3, 2023

‘n Totaal van 202 259 ton goedere is in September uitgevoer, wat ‘n reuse 70,1 persent laer is as in dieselfde tyd verlede jaar, en 33,3 persent laer is as in Augustus. Volgens die nuutste Handelsverslag is daar egter 1 794 ton meer goedere per pad uitgevoer op ‘n maand-tot-maand basis, maar dit was 8 […]

Read More