
‘Trump is ‘n diktator’ - December 8, 2023
Presidensiële kandidate vir die Amerikaanse Republikeinse Party loop deur omdat hulle nie die voorloper in die wedloop, Donald Trump aanval nie en eerder die visier op die ander teenstanders stel. Trump loop ver voor in die wedloop. Dit is nie die aanslag van oud-New Jersey-goewerneur Chris Christie nie. Hy vat hom gereeld aan, en tydens […]
GBV oortredings behoort geen borg te ontvang nie - December 8, 2023
Action Society in die buurland vra ‘n beleid van geen borgtog vir beskuldigdes in geweldsmisdade teen vroue en kinders, en sê dit behoort die standaard-gebruik in Suid-Afrika te wees. Dit volg nadat die Landdroshof in Amanzimtoti die borgtogaansoek uitgestel het van Werner de Jager, wat tereg staan vir die moord op sy vrou, die predikant Liezel de Jager, […]
Babi hoor vandag oor sy vonnis - December 8, 2023
Uitspraak word vandag verwag in die aansoek deur die renosterstroper en selfverklaarde profeet Jackson Babi, om appèl. Regters Naomi Shivute en Herman Januarie het sy aansoek op 30 Oktober aangehoor. Babi appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is […]
Israel het doelbewus op burgelikes geskiet - December 8, 2023
Menseregtegroepe vra dat Israelse aanvalle waarin die Reuters-videojoernalis Issam Abdallah in Oktober in Suid-Libanon dood en ses ander gewond is, as ‘n oorlogsmisdaad ondersoek moet word. Abdallah is in die eerste lugaanval dood, waartydens die AFP-fotograaf Christina Assi ernstig gewond is. Ander lede van die groep, wat saam gereis het, is in ‘n tweede aanval […]
Hunter Biden staan tereg op 9 klagte - December 8, 2023
Die Amerikaanse departement van justisie het nuwe kriminele klagte teen die Amerikaanse president Joe Biden se seun, Hunter, aanhangig gemaak en hom daarvan beskuldig dat hy versuim het om 1,4 miljoen Amerikaanse dollar aan belasting te betaal terwyl hy miljoene dollar aan ‘n weelderige leefstyl bestee het. Die 53-jarige Hunter is van drie misdrywe en […]
Stormers is gereed vir die naweek - December 8, 2023
Die Stormers sê hulle gaan môre in die Welford Road-stadion spesiaal aandag gee aan Leicester Tigers se Wêreldbeker-wenners, Handré Pollard en Jasper Wiese. Die Kaapse span begin hulle tweede seisoen in die Kampioenebeker teen die Engelse span wat die rekord hou vir die meeste titels in die Premierliga. Pollard was 100 persent suksesvol met sy […]
Kersfees is uitdagend vir wesies - December 8, 2023
Kersfees kan ‘n besonder uitdagende tyd wees vir kinders in sorg, wat sonder gesinne is en potensiële emosionele probleme in die gesig staar. Marietjie de Klerk van Hope Village in Katutura sê sy het 80 kinders in haar sorg en die feestyd kan ‘n besonder moeilike tyd vir die kinderhuis word. Sy het na die publiek […]
Rapporte moet uitgegee word - December 8, 2023
Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het skole gewaarsku om nie leerlinge se vorderingsverslae te weerhou nie. Dit kom nadat ouers gekla het dat sommige skole dreig om rapporte te weerhou as hulle nie onder meer vrywillige skoolgeld betaal of rieme papier bydra tot die skool nie. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Mediese fondse struikel, bakleiery duur voort - December 8, 2023
Terwyl plaaslike media berig dat die Namibiese vereniging van mediese fondse, bekend as Namaf, sê dat 96 persent van mediese fondse die risiko loop om ineen te stort, sê die privaatpraktisyns-forum dat Namaf hom uiters oneties gedra. Volgens die berigte oor Namaf, sê sy uitvoerende hoof, Steven Tjiuoro, dat 77 persent van fondse die jaar […]
Shikongo se ongeluksdossier terug na polisie toe - December 8, 2023
Die kantoor van die aanklaer-generaal het die dossier oor die noodlottige ongeluk waarin die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, betrokke was, teruggestuur na die polisie toe. Die ongeluk het op 30 Desember verlede jaar plaasgevind en drie mense is op die pad tussen Ondangwa en Oshikango dood. Ingevolge die wet, moet Shikongo vir strafbare manslag en […]