Tottenham wil weet oor sy besturende direkteur se FIFA-verbod

Tottenham Hotspur sê hy soek dringend duidelikheid van FIFA oor die besluit om Fabio Paratici, besturende direkteur van sokker, wêreldwyd uit die sport te verban. Die 50-jarige is aanvanklik in Januarie vir 30 maande uit Italiaanse sokker geskors weens beweerde finansiële wanbestuur by sy voormalige klub Juventus. Tottenham sê die wêreldbeheerliggaam het hulle nie vooraf […]

Read More

Geletterdheid onder die loep in buurland se leesberaad

Hierdie week se tweede twee-jaarlikse Nasionale Leesberaad in Suid-Afrika is gefokus op die verbetering van geletterdheidsvlakke in Afrika. Die geleentheid is daarop gemik om die rol van geletterdheid te beoordeel in die bereiking van die Nasionale Ontwikkelingsplan-visie 2030. Dit het ook ten doel om doeltreffend by te dra tot die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte sowel as die Afrika-unie se […]

Read More

Bipa sê daar is 230 Chinese ondernemings in Namibië

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, sê hy het meer as 230 ondernemings in Chinese besit in Namibië geregistreer. Die aankondiging kom op ‘n tyd dat daar kommer is oor Chinese ondernemings wat in Namibië bedrywig is sonder geldige dokumente, en ook vervalste goedere verkoop. Daar is die week ‘n vergadering tussen Bipa en dié sakesektor gehou. Die adjunk-handelsminister Verna Sinimbo sê dit is uiters […]

Read More

Voedselpryse op winkelrakke ondersoek in SA

Die Mededingingskommissie in die buurland het gewaarsku voedsel-kleinhandelaars wat pryswette oortree, kan vervolging te wagte wees. Die kommissie het sy kommer uitgespreek oor prysstygings van noodsaaklike voedselitems, insluitend brood, mieliemeel en sonneblomolie, oor ‘n tydperk van twee-jaar. Die kommunikasiehoof, Sipho Ngwema, het in sy kommentaar op die 2021/22 Noodsaaklike Voedsel Prys Moniteringsverslag beklemtoon arm verbruikers word grootliks deur hierdie prysstygings geraak. […]

Read More

Marburg: Daar’s kommer oor Ekwatoriaal Guinee

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het met die media gepraat oor die stand van sake in verband met die Marburg-virus in Afrika. Hy sê in Tanzanië is gevalle steeds op agt maar, die verspreiding van die siekte na Ekwatoriaal Guinee wek kommer. Hy verduidelik.

Read More

Pous Franciskus is in die hospitaal

Die Vatikaan het bevestig pous Franciskus is met ‘n lugweginfeksie in die hospitaal opgeneem. Dit sê die 86-jarige pous het die afgelope dae gekla dat hy sukkel om asem te haal, maar toetse toon hy het nie Covid-19 nie. In sy twintigerjare is ‘n deel van sy een long verwyder terwyl hy in sy vaderland, […]

Read More

SA-onderwys kritiseer kritiek teen hom

Die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement het ‘n verslag deur die Centre for Development and Enterprise oor die stand van Suid-Afrika se onderwysstelsel gekritiseer. Die verslag meld dat onderprestasie in leeruitkomste deur leerlinge, swak onderwysers-opleiding en -ondersteuning, en ongebreidelde korrupsie ván die redes is agter die land se swak onderwysstelsel. Die departementswoordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die bevindings is ‘n herhaling van ou inligting: 

Read More

Booys bly agter tralies, DNS verbind hom aan verkragting

Die omstrede oud-raadslid van die Otjozondjupa-streek, Steve ‘Biko’ Booys bly agter tralies. Hy het die week ‘n borgaansoek in die Windhoek-streekshof gebring wat van die hand gewys is. Hy is, sedert sy inhegtenisname op 2 Februarie 2021 op aanklagte van verkragting en/of bloedskande, in aanhouding nadat borg ook vroeër geweier is. Landdros Victor Nyazo sê daar is DNS wat hom aan die […]

Read More

Wes-Kaap wek self 1 000 megawatt op

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê deur die provinsiale munisipale energie-veerkragtigheidsinisiatief is 558 megawatt elektrisiteit in 2020 opgewek en vanjaar is 1 008 megawatt aan Eskom- en munisipale netwerke oorgedra. ‘n DA-woordvoerder, Christopher Fry, sê hierdie opwekking is die gevolg van laekoolstofopwekking soos son- en windenergie: 

Read More

Baie vrae oor sterftes van migrante in Mexiko

Mexikaanse amptenare ondersoek die 39 sterftes by ‘n aanhoudingsentrum vir migrante as moord en sê werkers het mense nie toegelaat om te ontsnap nie. Volgens Amerikaanse media, het ‘n video aan die lig gekom wat wys die migrante was vasgekeer toe die brand Maandag uitgebreek het. Daar kan gesien word hoe figure in uniform by die sentrum van die vuur af […]

Read More