Mufamadi: VSA het weke gelede SA van wapens ingelig
Die direkteur-generaal van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge, Zane Dangor sê internasionale wetgewing wat regverdig toegepas moet word, is een van die kwessies wat bespreek is deur ‘n spesiale Suid-Afrikaanse afvaardiging na die VSA. Dangor het saam met President Cyril Ramaphosa se spesiale raadgewer, Sydney Mufamadi, terugvoer gegee oor die besoek, wat daarop gemik […]
Samesprekings oor Sudan hervat vandag in Saoedi-Arabië
Vredesamesprekings tussen strydende magte in Sudan word na verwagting vandag in Saoedi-Arabië hervat. Desondanks woed gevegte tussen die weermag en die RSF-paramilitêre mag steeds voort in die hoofstad Khartoem. Volgens berigte vlieg vegvliegtuie oor die stad, en ry tenks deur die strate. Noodsaaklike dienste soos elektrisiteit- en watertoevoer word swaar getref deur die konflik. Medisyne […]
Rugby: Welwitschias skuif op na vyfde plek in Mzansi Challenge
Rugby: Die Windhoek Draught Welwitschias het die Kenia Simbas-vyftiental met 35-28 in die Mzansi Challenge op die Hage Geingob-stadion in Windhoek geklop. Die halftyd-telling was 21-7 in die Welwitschias se guns. Die Namibiese rugbyspan het met hul bonuspunt na die vyfde plek op die rangleer van die Mzansi Challenge opsgekuif. Volgende naweek het die Welwitschias […]
Ekonoom: Voertuigverkope sal verbeter
‘n Namibiese ekonoom sê voertuigverkope sal na verwagting vanjaar toeneem. Verkope van nuwe voertuie vir April het op 1 004 eenhede te staan gekom, wat op ‘n jaargrondslag met 10,9 persent gestyg, het maar met 18,1 persent op ‘n maandgrondslag gedaal het. Alhoewel dit minder is as die 1 226 voertuie wat in Maart en […]
LPM betoog steeds buite Keetmanshoop-polisiestasie
Lede van die Landless Peoples’ Movement sit steeds hul betoging buite die Keetmanshoop-polisiestasie voort wat laasnag begin het. Hulle eis toegang om verkiesingsmateriaal wat na bewering sonder enige party-waarnemers hanteer is, te sien en te verifieer. Die LPM beskuldig die Verkiesingskommissie van Namibië ook dat hulle met behulp van die Namibiese polisie op Keetmanshoop 48 […]
Grootfontein se Natis-toetssentrum volgende week gesluit
Die Natis-kantoor op Grootfontein sal volgende week vanaf Maandag tot Vrydag sy toetsdienste vir leerders- en bestuurslisensies, sowel as voertuig-padwaardige toetsdienste tydelik opgeskort. Alle kliënte wat dringende padwaardige toetse, leerders- en bestuurslisensiedienste soek, word versoek om die Natis-kantoor op Tsumeb te besoek. Volgende week sal slegs oor-die-toonbank dienste, algemene navrae en transaksies aan die publiek […]
Mej. Namibië se top-10 finaliste vanaand aangewys
Die top-tien finaliste van Mej. Namibië 2023 word vanaand in die hoofstad bekend gemaak. Om vir die gesogte posisie van Mej. Namibië mee te ding, het die 30 semi-finaliste vandeesweek onderhoude met beoordelaars gehad om aan die finale kompetisie in Swakopmund deel te neem. Die top-tien finaliste van die Mej. Tiener-kompetisie is Vrydagaand tydens ‘n […]
Geingob na Korea-Afrika-beraad 2024 uitgenooi
President Hage Geingob is deur die Suid-Koreaanse President, Yoon Suk Yeol, genooi om die 2024 Korea-Afrika-beraad by te woon, wat daarop gemik is om bande oor die blou ekonomie en maritieme kwessies te versterk. Suid-Korea se spesiale gesant Park Heong-joon het tydens ‘n hoflikheidsbesoek by Staatshuis gesê sy besoek het ook ten doel om samewerking […]
Blinken bel Pandor oor Russiese wapenkwessie
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het telefonies met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Naledi Pandor vergader oor bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het. Die VSA het in ‘n kort verklaring die belangrikheid van ‘n strategiese vennootskap tussen Amerika en Suid-Afrika benadruk. Die telefoongesprek volg nadat Pandor die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, deur […]
Rusland ontken inmenging in Turkse presidensiële verkiesing
Turkse President Tayyip Erdogan se grootste teenstander in die land se verkiesing, Kemal Kilicdaroglu het gesê sy party het bewyse dat Rusland verantwoordelik is vir ‘deepfake’ aanlyn inhoud in die aanloop tot die verkiesing. Die party het nie die Russiese ambassade in Turkye oor die kwessie genader nie en nie uitgebrei oor die aanlyn inhoud […]