
Brave Warriors ‘gaan knoop deurhaak’ - January 16, 2024
Die Brave Warriors se hoofafrigter, Collin Benjamin, sê sy span het baie hard gewerk om in die Afrikabeter-toernooi in Ivoorkus mee te ding. Hy sê hulle is gereed om hul beste te gee in hulle openingswedstryd teen Tunisië wat om 7-uur vanaand begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Woody Jacobs, ‘n plaaslike sokkerafrigter wat ook […]
Trustco Groep maak groot planne - January 16, 2024
Die Trustco Groep kondig aan hy en die Amerikaanse Riskowitz Value Fund LP sal ‘n opsie aangaan om ‘n kontantbelegging van tot 950 miljoen Namibiese dollar in Trustco te maak, wat die fonds as ‘n sleutel-anker-buitelandse belegger verskans. Boonop het Next Capital en entiteite geaffilieer met Trustco se stigter, dr. Quinton van Rooyen, ‘n aanbod […]
Hier is die nuwe vee-brandmerk fooie - January 16, 2024
Die jaarlikse vee-brandmerk fooiverhoging het op 10 Januarie in werking getree. Die fooie het verhoog in ooreenstemming met die 6 persent jaarlikse inflasiekoers. Die brandmerk-registrasie, brandmerk-oordrag en duplikaat brandmerk-sertifikaat is by die heffingsverhoging ingesluit. Die hoof van plaas-versekerde Namibiese vleis by die Vleisraad, Victor Klazen, het die pryse aan Kosmos 94.1 Nuus uiteengesit.
Cran kanselleer Ucom Mobile Namibia se lisensie - January 16, 2024
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het die spektrumlisensies van Ucom Mobile Namibia gekanselleer. Die hooggeregshof het op 16 November verlede jaar ‘n verstekvonnis teen Ucom toegestaan weens sy onvermoë om meer as 19,3 miljoen Namibiese dollar aan lisensiegeld te betaal. Emilia Nghikembua, hoof uitvoerende beampte van Cran, sê in ‘n verklaring Ucom het […]
Moses Garoeb-kiesafdeling ‘het nie genoeg skole vir leerders’ - January 16, 2024
Ouers en voogde in Windhoek se Moses Garoeb-kiesafdeling kla oor beperkte plek in skole, veral vir graad 1-leerders. Die kiesafdeling het slegs vier laerskole en twee sekondêre skole vir sy bevolking van 90 000 tot 100 000 inwoners. Die skoolhoof van Moses Garoeb Laerskool, Judith Sepiso, sê ouers het na die skool gestroom op soek […]
RISE Mzansi verwelkom ervare politieke leier Ramulifho - January 16, 2024
RISE Mzansi verwelkom Khume Ramulifho, ʼn talentvolle en ervare politieke leier en openbare verteenwoordiger, wat as raadslid in die Stad Johannesburg asook as lid van die Gautengse wetgewer gedien het. Die nasionale voorsitter van RISE Mzansi, Vuyiswa Ramokgopa, sê Ramulifho sluit op ʼn kritiese tydstip by die party aan terwyl hulle besig is om die […]
Twee nuwe gimnasiums maak deure oop - January 16, 2024
Die nuwe Walvisbaai Curro Gimnasium het vandag sy deure oopgemaak vir 350 studente, terwyl die nuwe Oshana Gimnasium op 22 Januarie sal oopmaak. Die Ontwikkelingsbank van Namibië het 72,9 miljoen Namibiese dollar gegee vir die bou van die twee nuwe privaat gimnasiums. Die skole het ook befondsing ontvang van Ino Harith Capital Investment, die Staatsinstellingspensioenfonds […]
DA Jeug verwelkom Dlamini-Zuma se aftrede - January 16, 2024
Die DA Jeug het die jeug-minister, Nkosazana Dlamini-Zuma, se aankondiging verwelkom dat sy beoog om af te tree. Die woordvoerder, Lindokuhle Sixabayi, sê Dlamini-Zuma het – soos haar voorgangers – niks merkbaar gedoen sedert haar aanstelling aan die begin van 2023 om oplossings te bied vir kwessies waarmee jongmense stoei nie. Sixabayi glo dit spruit […]
Vrou sterf in OR Tambo aankomssaal - January 16, 2024
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika ondersoek ‘n voorval nadat ‘n vrou wat van Kaapstad op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng aangekom, in die binnelandse aankomssaal inmekaargesak en gesterf het. Paramedici het noodbehandeling op haar toegepas, maar sy is op die toneel dood verklaar. Sy is vermoedelik aan ‘n hartaanval dood, hoewel dit nog amptelik […]
Azapo vertrou nie ANC in komende verkiesing - January 16, 2024
Die Azanian People’s Organisation sê hy is bekommerd oor die regverdigheid van die komende verkiesing en beskuldig die ANC daarvan dat hy met die uitslae kan knoei. Azapo sê hy grond sy uitspraak op die ANC se onverskrokke slagspreuk. Die party sê hy neem ook kennis van die gewese sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, […]