
Alcaraz skakel Gasquet uit by Aussie Ope - January 16, 2024
Tennis: Die wêreld nommer twee, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die tweede ronde van die Australiese Ope danksy ‘n oorwinning in skoon stelle oor die Franse veteraan Richard Gasquet. Die 37-jarige Gasquet het in die eerste stel sterk teenstand gebied, maar kon nie die druk volhou nie en het die volgende twee stelle […]
Internet groei in Afrika, maar Namibië moet nog opvang - January 16, 2024
Afrika het die vinnigste groei van internasionale internetbandwydte ervaar, met ‘n saamgestelde jaarlikse koers van 44 persent tussen 2019 en 2023, volgens ‘n verslag deur TeleGeography. Die telekommunikasie marknavorsingsmaatskappy voorspel ‘n saamgestelde groei van 42 persent in Afrika tussen 2022 en 2029, wat die verwagte globale gemiddelde van 32 persent oortref. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Brave Warriors ‘gaan knoop deurhaak’ - January 16, 2024
Die Brave Warriors se hoofafrigter, Collin Benjamin, sê sy span het baie hard gewerk om in die Afrikabeter-toernooi in Ivoorkus mee te ding. Hy sê hulle is gereed om hul beste te gee in hulle openingswedstryd teen Tunisië wat om 7-uur vanaand begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Woody Jacobs, ‘n plaaslike sokkerafrigter wat ook […]
Trustco Groep maak groot planne - January 16, 2024
Die Trustco Groep kondig aan hy en die Amerikaanse Riskowitz Value Fund LP sal ‘n opsie aangaan om ‘n kontantbelegging van tot 950 miljoen Namibiese dollar in Trustco te maak, wat die fonds as ‘n sleutel-anker-buitelandse belegger verskans. Boonop het Next Capital en entiteite geaffilieer met Trustco se stigter, dr. Quinton van Rooyen, ‘n aanbod […]
Hier is die nuwe vee-brandmerk fooie - January 16, 2024
Die jaarlikse vee-brandmerk fooiverhoging het op 10 Januarie in werking getree. Die fooie het verhoog in ooreenstemming met die 6 persent jaarlikse inflasiekoers. Die brandmerk-registrasie, brandmerk-oordrag en duplikaat brandmerk-sertifikaat is by die heffingsverhoging ingesluit. Die hoof van plaas-versekerde Namibiese vleis by die Vleisraad, Victor Klazen, het die pryse aan Kosmos 94.1 Nuus uiteengesit.
Cran kanselleer Ucom Mobile Namibia se lisensie - January 16, 2024
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het die spektrumlisensies van Ucom Mobile Namibia gekanselleer. Die hooggeregshof het op 16 November verlede jaar ‘n verstekvonnis teen Ucom toegestaan weens sy onvermoë om meer as 19,3 miljoen Namibiese dollar aan lisensiegeld te betaal. Emilia Nghikembua, hoof uitvoerende beampte van Cran, sê in ‘n verklaring Ucom het […]
Moses Garoeb-kiesafdeling ‘het nie genoeg skole vir leerders’ - January 16, 2024
Ouers en voogde in Windhoek se Moses Garoeb-kiesafdeling kla oor beperkte plek in skole, veral vir graad 1-leerders. Die kiesafdeling het slegs vier laerskole en twee sekondêre skole vir sy bevolking van 90 000 tot 100 000 inwoners. Die skoolhoof van Moses Garoeb Laerskool, Judith Sepiso, sê ouers het na die skool gestroom op soek […]
RISE Mzansi verwelkom ervare politieke leier Ramulifho - January 16, 2024
RISE Mzansi verwelkom Khume Ramulifho, ʼn talentvolle en ervare politieke leier en openbare verteenwoordiger, wat as raadslid in die Stad Johannesburg asook as lid van die Gautengse wetgewer gedien het. Die nasionale voorsitter van RISE Mzansi, Vuyiswa Ramokgopa, sê Ramulifho sluit op ʼn kritiese tydstip by die party aan terwyl hulle besig is om die […]
Twee nuwe gimnasiums maak deure oop - January 16, 2024
Die nuwe Walvisbaai Curro Gimnasium het vandag sy deure oopgemaak vir 350 studente, terwyl die nuwe Oshana Gimnasium op 22 Januarie sal oopmaak. Die Ontwikkelingsbank van Namibië het 72,9 miljoen Namibiese dollar gegee vir die bou van die twee nuwe privaat gimnasiums. Die skole het ook befondsing ontvang van Ino Harith Capital Investment, die Staatsinstellingspensioenfonds […]
DA Jeug verwelkom Dlamini-Zuma se aftrede - January 16, 2024
Die DA Jeug het die jeug-minister, Nkosazana Dlamini-Zuma, se aankondiging verwelkom dat sy beoog om af te tree. Die woordvoerder, Lindokuhle Sixabayi, sê Dlamini-Zuma het – soos haar voorgangers – niks merkbaar gedoen sedert haar aanstelling aan die begin van 2023 om oplossings te bied vir kwessies waarmee jongmense stoei nie. Sixabayi glo dit spruit […]