
Kommer met Nauru wat bande met Taiwan verbreek - January 17, 2024
Die Amerikaanse instansie wat nie-amptelike bande met Taiwan hanteer beskryf die besluit van Nauru om kort na ʼn verkiesing bande met Taiwan te verbreek, as ongelukkig, en waarsku China se beloftes aan die eiland in die Stille Oseaan, kan moontlik nie nagekom word nie. Reuters berig Amerikaanse amptenare het voorheen reeds hulle misnoeë uitgespreek omdat […]
Skadeberaming in Mauritius na Belal - January 17, 2024
Mauritius is besig met ‘n skadeberaming ná die tropiese storm Belal verby die eillandstaat in die Indiese Oseaan beweeg het en internasionale vlugte hervat kon word. Die Weerdiens het vroeg gister aangekondig hy verhoog die sikloonwaarskuwing tot die maksimum vlak vier, maar het later alle sikloonwaarskuwings opgehef. Reuters berig Belal het die lewe van minstens […]
Afcon: Bafana verloor, Warriors wen - January 17, 2024
Bafana Bafana het hulle Afcon-veldtog in Ivoorkus met ʼn nederlaag afgeskop toe hulle met twee-nul teen Mali verloor het. Percy Tau het in die eerste helfte met ʼn strafskop misluk, met Hamari Traore en Lassine Sinayoko se doele wat aan Mali drie punte op die punteleer besorg het. Suid-Afrika is nou laaste in Groep E. […]
SA se minerale hulpbronne-departement val uitmekaar - January 17, 2024
Die African Transformation Movement in Suid-Afrika sê hy is bekommerd oor die vernietigende gevolge van die administratiewe ineenstorting in die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie. Die departement het misluk om twee-duisend-525 aansoeke vir mynlisensies af te handel wat sedert die begin van die 2023/2024-boekjaar ontvang is. Daar is ook toenemend oproepe dat ambag-mynlisensies uitgereik […]
Noa hoor vandag sy lot - January 17, 2024
Daar word verwag dat landdros Victor Nyazo vandag uitspraak in die Windhoek-streekshof sal lewer in die verkragtingsaak van die leerlingdokter, Dennis Noa. Noa word daarvan beskuldig dat hy ‘n 18-jarige manlike breinbeseerde pasiënt op 11 April verkrag 2021. Hy ontken die klagtes. Plaaslike media het ‘n week gelede berig dat Benny Classen, wat vermoedelik Noa […]
Outa looi SABC-wetsontwerp - January 17, 2024
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika sê die vertraging van drie jaar in die ontwikkeling van ʼn befondsingsmodel soos in die SABC-wetsontwerp voorgestel word, kan die openbare uitsaaier in ʼn moeiliker finansiële posisie plaas. Die SABC het in die 2022/2023-boekjaar ʼn verlies van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand getoon. Die wetsontwerp is tans oop vir openbare […]
Iran val teikens in Irak, Sirië en Pakistan aan - January 17, 2024
’n Iranse missielaanval op teikens in Noord-Irak het ’n ongewone dispuut tussen die naburige bondgenote laat ontstaan, met Bagdad wat sy ambassadeur in protes herroep het en Teheran wat volhou die aanval was bedoel om bedreiging van Israeliese spioene af te weer. Iran se revolusionêre wagte het wat hulle ‘n Israeliese spioenasiesentrum noem in Irak […]
Groentjie Botterill eindig eerste in Dakar dag 9 - January 17, 2024
Die groentjie van die Toyota Gazoo Racing-span Guy Botterill en sy navigator Brett Cummings het Dinsdag eerste gekom in die Dakar. Die sneldeel was 639 kilometer met ‘n 417 kilometer sneltrajek. Die terrein was gemeng met sand, duine en klipperige tweespoor-paaie. Botterill sê aan Wiele2Wiele van Suid-Afrika Cummings het koning gekraai.
Agoa-verlenging goed vir Namibië - January 17, 2024
Die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, het Amerika se verlenging van die Agoa-ooreenkoms vir nog tien jaar verwelkom. Hy benadruk die voordele vir die Afrika-handelsmark en sê meer as 30 Afrika-lande sal steeds belastingvrye uitvoere na die Amerikaanse mark geniet. McGregor wys ook op die positiewe uitwerking van dié verlenging op Namibië, wat na September 2025 ‘n […]
Meatco verloor miljarde, uitvoervleis te goedkoop - January 17, 2024
‘n Analise deur die Bank van Namibië toon dat Meatco, wat reeds erge finansiële uitdagings in die gesig staar, sy uitvoervleis ver onder markwaarde verkoop het wat ‘n verlies van 4 miljard Namibiese dollar tussen 2018 en 2023 veroorsaak het. Die sentrale bank sê die maatskappy het net in die tydperk 2,1 miljard dollar verdien […]