
EFF lieg doelbewus oor Tshwane adjunkburgemeester se koste - January 17, 2024
ActionSA sê hy neem kennis van die EFF se doelbewuste wanvoorstelling van die posisie van ʼn adjunkburgemeester in die Stad Tshwane weens die metro se finansiële posisie. Die EFF voer aan die raad moes nie goedkeuring vir die skepping van die pos gegee het nie omdat die metro geen fondse daarvoor het nie. ActionSA se […]
Landbou moet private sektor gebruik vir Neckartal – kenner - January 17, 2024
Landbouminister Calle Schlettwein is deur die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani van die PDM, versoek om die ministerie se besluit om buitekonsultante te gebruik om ‘n uitvoerbaarheidstudie vir die tweede fase van die Neckartaldam-besproeiingsprojek te doen, te heroorweeg. Die ministerie moet eerder interne personeel gebruik, aangesien hulle die nodige kundigheid het, sê Venaani. […]
Trump terug in die hoof teen E Jean Carroll - January 17, 2024
Oudpresident Donald Trump van Amerika se prokureur, Alina Habba, het aan ʼn New Yorkse hof gesê rubriekskrywer E Jean Carroll verdien nie skadevergoeding nie omdat haar beskuldiging van seksuele aanranding haar beroemd gemaak het. Trump is voorheen aanspreeklik bevind vir die seksuele aanranding van Carroll in die 1990’s, en sy soek nou skadevergoeding vir lasterlike […]
EU plaas Hamas-leier op swartlys - January 17, 2024
Die Europese Unie het die leier van Hamas in Gaza, Yahya Sinwar, op sy swartlys vir terroristesanksies gevoeg na aanleiding van die aanvalle op Israel op 7 Oktober. Internasionale nuusagentskappe berig die stap beteken Sinwar is onderhewig aan ʼn bevriesing van bates in die 27 lidlande van die EU en verbied EU-burgers om enige transaksie […]
Joodse raad in SA sê KSA is anti-semities - January 17, 2024
Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het Krieket Suid-Afrika skerp gekritiseer oor die verwydering van David Teeger as die kaptein van SA se Onder-19-span. Die KSA het die besluit geregverdig deur kommer oor veiligheid en moontlike versetoptrede oor die Gaza-konflik tydens die komende Wêreldbekertoernooi. Die krieketraad voer aan hy gee voorkeur aan spelerveiligheid, gegrond op […]
Enoch sê hy sal nie noodfonds gebruik nie - January 17, 2024
Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, sê Suid-Afrika het geen voorneme om ʼn noodfonds van 497 miljard Suid-Afrikaanse rand te gebruik nie. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank hou namens die Nasionale Tesourie toesig oor die gebeurlikheids-reserwerekening vir goud en buitelandse valuta. Die geld kan help om skuld-terugbetalingskoste of ʼn enorme staatsloonrekening te dek. Godongwana het by die […]
VN voorspel hemelhoë inflasie vir ’24 - January 17, 2024
Berigte lui dat die Verenigde Nasies ‘n skokkende inflasiesyfer van 7,1 persent vir Namibië in 2024 voorspel wat sal styg na 7,7 persent in 2025. Dit is in sy jongste verslag oor die stand van sake in die wêreld ekonomie. Dit is teenstrydig met voorspellings deur ekonome dat inflasie vanjaar plaaslik sal daal. Die sekretaris-generaal […]
Retoriek oor SA kiesstelsel is gevaarlik - January 17, 2024
Die buurland se politieke ontleder Amanda Gouws waarsku teen onlangse retoriek wat Suid-Afrika se verkiesingstelsel in twyfel trek, en sê dis gevaarlik. Haar reaksie volg op stellings deur oudpresident Jacob Zuma en die ANC se voormalige sekretaris-generaal, Ace Magshule, wat bespiegel het oor die moontlikheid van verkiesingsbedrog en kommer oor die verkiesingsproses uitgespreek het. Gouws […]
VSA-senaat verwerp Gaza-menseregte resolusie - January 17, 2024
Die Amerikaanse senaat het ʼn resolusie verwerp wat die Departement van Buitelandse Sake sou verplig om menseregteskendings aan te meld wat dalk kon plaasvind wanneer Amerikaanse toerusting in die oorlog in Gaza gebruik word. Die resolusie wat met 72 stemme teen elf verwerp is, is deur die progressiewe onafhanklike, Bernie Sanders, gelei. Amerika gee jaarliks […]
Groot afwagting vir Coachella-fees - January 17, 2024
Lana Del Rey; Tyler, the Creator; en Doja Cat is bo-aan die lys kunstenaars vir die Coachella-musiekfees in April by die Empire-poloklub in Indio, Kalifornië, wat oor twee naweke strek. Die fees word vanjaar vir die 23ste keer gehou. Ander kunstenaars sluit in Jon Batiste, Peso Pluma, J Balvin, Ice Spice, Sublime en Lil Yachty. […]