So lyk die reënvooruitsigte vir die volgende paar dae
Namibiërs sal heel waarskynlik gedeeltelik bewolkte en warm toestande in die laaste week van Januarie ervaar. Windhoekers kan ‘n paar geïsoleerde donderbuie oor die volgende paar dae verwag, volgens die Namibiese weerdiens. Matige tot swaar reënval met moontlike kitsvloede word plek-plek in die Kunene-, Erongo-, Khomas-, Omaheke- en Hardap-streke verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]
Brandstofprys sal waarskynlik in Februarie styg
Motoriste in Suid-Afrika is reeds gewaarsku oor aansienlike stygings in brandstofpryse in Februarie. Dit is ten spyte van die onlangse versterking van die rand en dalings in oliepryse. In Namibië gaan die komitee wat die brandstopryse bepaal Donderdag vergader. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, wat […]
Alle oë op Rhino se Sagittarius-put
Daar is groot afwagting vir Rhino Resources se Sagittarius 1X-put in PEL 85, in die Oranje-bekken. Boorwerk op die put het op 18 Desember begin en sou na raming 45 dae neem. Kenners meen die put kan dieselfde resultate oplewer soos die van Galp Energia se eksplorasiegebied wat net noord van PEL 85 geleë is. […]
Namibië baie goed verteenwoordig by wêreld-jagskoue
Namibië het ‘n sterk teenwoordigheid gehad by die onlangse Dallas Safari Club 2025 Convention and Sporting Expo in Atlanta, Georgia, en die wêreld se grootste jagskou, die Safari Club International Convention wat in Nashville, Tennessee, gehou is. Plaaslike jagplaaseienaars, professionele jagters en taksidermiste was onder die duisende deelnemers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Axel […]
Charles praat oor onmenslikheid by Auschwitz
Koning Charles III is die eerste Britse monarg wat Auschwitz besoek en hy waarsku die wêreld om te onthou tot watter dieptes die mensdom kan daal. Dit was Maandag Holocaust-gedenkdag en die 80ste herdenking van die Auschwitz-Birkenau-konsentrasiekamp se bevryding van die Nazi’s. Sowat 1,1-miljoen mense, hoofsaaklik Jode, is van 1940 tot 1945 in die konsentrasiekamp […]
Stad Whk het nie veel te sê oor geslote bie-proses vir stadion nie
Die Stad Windhoek het verlede jaar ‘n bie-proses begin om die Sam Nujoma-stadion, wat deur die Konfederasie van Afrika-sokker in 2021 as onbruikbaar verklaar is, op te knap. Die stadion is in 2005 voltooi teen ‘n koste van 64 miljoen Namibiese dollar, maar daar is glo strukturele gevare wat minstens 7,7 miljoen dollar sal kos […]
Motshekga loop deur, bestee miljoene op reise terwyl soldate in DRK sterf
ActionSA kritiseer die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, omdat sy meer as 10,4-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan luukse reise bestee het terwyl soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek die Kongo lewensgevaarlike toestande moet trotseer. Nege soldate is dood en 15 beseer tydens ‘n aanval deur M23-rebelle. ActionSA-woordvoerder, Lerato Ngobeni, […]
Klein KI-toep van China laat tuimel Nvidia, Nasdaq
Beleggers van Tokio na New York het ‘n magdom tegnologie-aandele verkoop ná die opkoms van ‘n laekoste Chinese kunsmatige intelligensie-model wat die oorheersing van huidige KI-leiers bedreig. DeepSeek het verlede week ‘n gratis KI-assistent bekendgestel wat volgens hom minder data gebruik teen ‘n fraksie van die koste van gevestigde dienste. Teen Maandag het aflaaie van […]
Palestyne jubel vir terugkeer, al is gebied verpletter
Tienduisende Palestyne het Maandag langs die hoofpaaie wat na noord-Gaza lei gestroom, jubelend om terug te keer huis toe na maande in tydelike skuilings. Hul terugkeer is die naweek vertraag, maar het voortgegaan nadat Hamas ingestem het om drie Israeliese gyselaars later vandeesweek te oorhandig en Israeliese magte begin onttrek het van ‘n hoofkorridor regoor […]
Honderde hektaar mielies reeds geplant by groenskemas
Landbouminister Calle Schlettwein het ‘n opdatering van plant-bedrywighede by die land se groenskemas gegee by die ministerie se prestasie-oorsigwerksessie van die derde kwartaal van die huidige boekjaar op Swakopmund. Etunda het 210 hektaar mielies geplant teen die begin van Januarie en die oorblywende 240 hektaar sal teen einde Februarie beplant wees. By Musese is 90 […]