Namibië baie goed verteenwoordig by wêreld-jagskoue
Namibië het ‘n sterk teenwoordigheid gehad by die onlangse Dallas Safari Club 2025 Convention and Sporting Expo in Atlanta, Georgia, en die wêreld se grootste jagskou, die Safari Club International Convention wat in Nashville, Tennessee, gehou is. Plaaslike jagplaaseienaars, professionele jagters en taksidermiste was onder die duisende deelnemers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Axel Cramer, president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, oor Namibië se deelname.
Die Jagd und Hund-handelskou, nog ‘n belangrike gebeurtenis vir Namibiërs in die jag- en buitelugbedryf, begin vandag in Dortmund.