Heli-ongeluk: Direktoraathoof sê reëls is oortree
Die hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die voorlopige verslag van die noodlottige helikopter ongeluk aan die kus. Abraham het bevestig dat dit voorkom asof lugvaart-regulasies oortree is omdat die helikopter vanuit Suid-Afrika na Namibië toe gebring is sonder dat dit lugwaardig […]
Keetmans se groentetuin ‘staan stil’, gemeenskap plunder
Die Karas-koördineerder van die Nasionale Jeugraad, Brandy Lufuma, sê die jeug-tuinbouprojek by Keetmanshoop het steeds die potensiaal om werkloosheid en voedselsekerheid in die dorp aan te spreek – sodra dit uitbrei. Die projek is drie jaar terug geloods en het sedertdien geen groei aangeteken nie. Daar is steeds net vier vrywilligers bestuur met kool, spinasie, […]
Bitcoin daal skerp, laagtepunt van twee maande bereik
Die kripto-geldeenheid Bitcoin het vandag ‘n nuwe laagtepunt van twee maande bereik met ‘n reuse-daling van 7,2 persent wat Donderdag aangeteken is, die grootse sedert November 2022. Markte is getref deur ‘n vlaag verkope, met Wall Street se hoofindekse wat Donderdag laer gesluit het en Asiatiese aandele op pad na ‘n derde week van verliese, […]
Motocross is in volle swang, groot byeenkoms op Omaruru
Die sewende been van Namibiese Nasionale Motocross-byeenkoms word op 26 Augustus in Omaruru op die nuwe WKMX-baan aangebied. Die wedren sal agt kilometer buite Omaruru op die D2328-grondpad oorkant die afdraai van die plaas Kollmitz plaasvind. Phellazie Simon, sekretaresse van die Omaruru Motocross-reëlingskomitee het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dit sal ‘n opwindende […]
Skerp daling in bouplanne, nog waarskuwingsligte vir konskruksie
Die jongste bouplanne vir die hoofstad het op ‘n jaargrondslag met amper 74 persent gedaal, volgens die syfers wat vir Julie bekend gemaak is. Die makelaarsfirma Simonis Storm sê vraag in die konstruksiesektor is op die oomblik baie laag wat moontlik aangedryf word deur die hoër rentekoers. Wanneer die sektor swak presteer is dit ‘n […]
Saftu sê nee vir wysigings aan elektrisiteitsregulasies
Saftu in Suid-Afrika het ‘n voorlegging aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Minerale Hulpbronne en Energie gedoen, waarin hy gedeeltes van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering teenstaan. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle is gekant teen dele van die wetsontwerp wat die mark vir elektrisiteitsopwekking radikaal sal liberaliseer, en die privatisering van die elektrisiteitsopwekking sal […]
Ecowas vergader vir laaste dag oor Niger
Wes-Afrikaanse weermaghoofde sal vandag ‘n tweede en laaste dag van samesprekings in Accra, Ghana, hou waar besonderhede van ‘n moontlike militêre ingryping in Niger as diplomasie nie daarin slaag om ‘n militêre staatsgreep om te keer nie, bespreek sal word. Die land se regering is op 26 Julie omver gewerp. Luidens ‘n verklaring bly die […]
Weer is Kanada se grootste veldbrand-vyand in volgende 48 uur
Die direkteur van veldbrand operasies, Cliff Chapman sê die weer is nie aan Kanada se kant nie en sal in alle waarskynlikheid die brande noordwestelike gebied van die land vererger. Duisende mense is reeds ontruim. Chapman sê die hitte en winde bemoeilik beheer, veral oor die volgende 48 uur.
Veelpartykonvensie verander SA se politieke koers
Die politieke ontleder, Sethulego Matebesi, sê die vorming van die Nasionale Veelpartykonvensie vir Suid-Afrika is ‘n prysenswaardige stap. Leiers van sewe politieke partye het Woensdag en Donderdag vergader om oor bepalings ooreen te kom vir hulle nuwe vennootskap, in aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing. Matebesi sê hierdie stap het Suid-Afrikaanse politiek se koers […]
Ombud sê huweliksaansoeke en besware nie ‘n slegte idee nie
Die ombudsman, Basilius Dyakugha, het sy stem gevoeg by die besluit deur die ministerie van binnelandse sake om ‘n wetsontwerp op huweliksaansoeke in die parlement voor te lê. Dit sal van paartjies vereis om ‘n huweliksaansoek in te dien wat in die koerante vir besware geadverteer word. Talle kommentators meen dit is nonsens maar, die […]