Nampol-ondersoek na Okh-skietery nog nie voltooi nie
Plaaslike media berig dat tot dusver is nie een polisiebeampte geskors na die April-skietery op Okahandja waar vyf vermeende rowers dood is nie. Volgens die Engelse dagblad, The Namibian, sê Nampol se woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, die ondersoek is 80 persent voltooi. Daar word blykbaar gewag op verslae van al die rolspelers. Die adjunkhoof van […]
Drie Swazi’s vas vir onverklaarde kontant op Aroab
Op Aroab sê die Namibiese polisie dat drie burgers van Eswatini by die Klein Menasse-grenspos gearresteer is. Die drie, 32, 42, 43 jaar oud, het 111 800 Suid-Afrikaanse rand, in 200-randnote, in hul besit gehad wat nie verklaar is nie. Die kontant was ook versteek en die drie kon nie ‘n redelike verduideliking verskaf oor […]
Uitbreiding van Brics kry wyd ondersteuning
President Cyril Ramaphosa sê hy ondersteun die uitbreiding van die lidmaatskap van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. Die 15de Brics-beraad word vanaf môre tot Donderdag in Johannesburg aangebied. Ramaphosa sê meer as 20 lande van die Midde-Ooste tot in Suid-Amerika het amptelik aansoek gedoen om by Brics aan te sluit en talle ander toon […]
Sindikaatlid met 153 iPhones in Jhb-middestad gevind
Die Gautengse polisie stel ondersoek in na ‘n selfoonroofsindikaat in Johannesburg na ‘n 25-jarige man aangekeer is vir die besit van 153 iPhone-selfone in ‘n woonstel in die middestad. Die Johannesburgse Metropolisie se geheime reaksie-eenheid het ‘n klagte ontvang oor ‘n eienaar wie se iPhone in ‘n gewapende roof gesteel is. Die woordvoerder van die […]
HKIA: Qatar het vlugte hervat, Eurowings wag nog – hofaansoek vandag
Na aanleiding van die drama wat die naweek by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe afgespeel het nadat Menzies Aviation se verskaffing van die vrag- en grondhanteringsdienste deur die Namibiese Lughawensmaatskappy opgeskort en met Paragon Aviation vervang is, het sommige internasionale lugrederye weer hul vlugte Sondag hervat. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati, woordvoerder van […]
Strikke en stropery weer op misdaadverslag
‘n Namibiese man verskyn vandag in die landdroshof op Otjiwarongo nadat hy in die Kombat-omgewing glo strikke naby ‘n waterpunt gestel het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het hy een duiker en een ystervark in die strikke gevang. Nog twee Namibiese mans verskyn vandag in die hof nadat hulle op die plaas Kenilworth in […]
Brics hou groot voordele vir Suid-Afrikaners in
President Cyril Ramaphosa sê die beraad tussen Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika word gehou terwyl die wêreld deur fundamentele uitdagings in die gesig gestaar word, wat die rigting van internasionale gebeure nog vir jare gaan bepaal. Die president het die buurland toegespreek in aanloop tot die 15de Brics-beraad wat van môre tot Donderdag in […]
Spanje vat hom, kaptein Olga Carmona hoor eers na oorwinning haar pa is dood
Sokker: Spanje het vir die eerste keer ooit die Wêreldbekertoernooi vir Vroue gewen sedert 1991 toe die eerste toernooi gehou is. Dit was ook Engeland se eerste eindstryd, maar hul harte is in die Australiese hoofstad Sydney gebreek met die eindtelling wat 1-0 was. Spanje se kaptein, Olga Carmona, het die wendoel in die eerste […]
Nóg kritiek op konsepwet oor huweliksaansoeke
Nóg krtiek word ontvang oor die besluit deur die ministerie van binnelandse sake om ‘n wetsontwerp op huweliksaansoeke in die parlement voor te lê. Dit sal van paartjies vereis word om ‘n huweliksaansoek in te dien wat in die koerante vir besware geadverteer word. Talle kommentators meen dit is nonsens en dit hou ook finansiële […]
Red Soil-saak met koste van die hand gewys
Die Windhoekse hoërhof het ‘n hofbevel van Red Soil Energy and Mineral Exploration, om die ministerie van myne en energie se weiering om aan hulle ‘n mynlisensie in Januarie 2021 toe te staan, onwettig te verklaar, met koste van die hand gewys. Regter Esi Schimming-Chase het ook die saak as afgehandel verklaar en van die […]