Geweld op Niger se grens, 17 soldate dood
Die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State het die aanvalle deur gewapende groepe in Niger wat tot die dood van verskeie Nigerse soldate gelei het, veroordeel. Die ministerie van Verdediging in Niger het bevestig minstens 17 soldate is dood in ‘n Islamitiese militante aanval in die Tillabéri-streek, naby die grens met Burkina Faso. Nog 20 is beseer. Dit […]
Landbou en die droogte – hulp is dringend nodig
Namibië Boere Droogtehulp sê die droogte is ‘n groot krisis, veral met net sekere streke wat droogtehulp ontvang. Die kantoor van die eerste minister gee tans droogtehulp in die streke van Kunene, dele van Omusati en Erongo, Omaheke, Karas en Hardap maar dit sal moontlik uitgebrei word. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van die organisasie gesels.
Boer wie se renosters deur Jackson Babi gestroop is, praat oor verlies
Adjunk-regterpresident Hosea Angula het die renosterstroper en selfverklaarde profeet Jackson Babi, se saak tot 20 September in die Windhoek-hoërhof uitgestel vir die toewysing van verhoordatums. Babi appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 gearresteer met […]
Uitspraak word verwag in Zhong Mei-NamRA-saak
Daar word verwag dat regter Eileen Rakow vandag uitspraak sal lewer in die saak waar die Chinese konstruksiemaatskappy, Zhong Mei Engineering-groep, NamRA en ‘n handvol ander respondente gedagvaar het om 33 miljoen Namibiese dollar terug te kry. NamRA het blykbaar opdrag gegee dat die fondse uit die maatskappy se rekening oorgedra word vir onbetaalde belasting […]
Angola maan Namibië om nie dieselfde foute met olie te maak nie
Met die Namibiese Olie- en Gaskonferensie wat vandag vir die tweede dag in die hoofstad voortduur, is buurland Angola een van die lande in Afrika wat al lank in die oliebedryf is. Soos baie ander lande, het Angola ‘n les waaruit Namibië kan leer. Die voorsitter van Angola Oil and Gas Service Companies Association, dr. […]
Census-kandidate moet teen môre bevestig
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê al die suksesvolle kandidate, 3 540 toesighouers en 121 kiesafdeling-toesighouers, is nou bekend. Die lys van name is op die agentskap se webtuiste sowel as sy sosiale media platforms beskikbaar. Al die kandidate moet dringend bevestig dat hulle beskikbaar is deur bevestiging, bank besonderhede en ID-nommers aanlyn te verskaf. Daarna sal […]
Entstowwe is doeltreffend teen Eris Covid-variant
Die Pfizer-entstof word as doeltreffend beskou teen die nuwe Covid-19-subvariant. Die buurland se gesondheidsowerhede het bevestig dat die eerste geval van die nuwe EG.5 of Eris in Gauteng aangemeld is. Dit is onduidelik of die variant plaaslik ook voorkom. ‘n Gesondheidskenner en professor aan die Wits Universiteit, Guy Richards, sê diegene wat hoërisikogevalle is, sal […]
Vyf wat aangekla word van Sondagnag se gru-moord, bly agter tralies
Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Windhoekse inwoner Patrick Hamupanda wreed vermoor het, is borgtog in die Katutura-landdroshof geweier. Die beskuldigdes, Lukas Simon, Festus Nehemia, Lukas en Kleipas Amutenya en Felix Imusi is Dinsdag in hegtenis geneem ná ‘n intensiewe soektog deur die Namibiese polisie. Nóg ‘n verdagte, Wilhelm Modesutus, is […]
Cyril moet intree en 70 000 werksgeleenthede in sitrusbedryf red
Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om met die Europese Unie en die Wêreldhandelsorganisasie in gesprek te tree oor wat hy oppervlakkige handelsversperrings teen die sitrusbedryf noem. Andricus van der Westhuizen van die DA sê as die EU ‘n algehele verbod op sitrusinvoere uit Suid-Afrika sou oorweeg, wat meestal […]
Georgia se verkiesing nie gesteel nie – Pence
Amerika se voormalige visepresident, Mike Pence, weerspreek oudpresident Donald Trump se volgehoue bewerings van verkiesingsbedrog in 2020. Trump en 18 ander is Maandag deur Georgia se distriksprokureur, Fani Willis, aangekla weens pogings om die verkiesingsuitslag in die staat om te keer. Pence het by die nasionale konferensie van staatswetgewers se wetgewende beraad in Indianapolis gesê, […]