Sokker: Arsenal het goeie afskop in Premierliga

Sokker: Arsenal het die skade van ‘n rooikaart afgeweer en hul perfekte begin van die Engelse Premierliga-seisoen volgehou. ‘n Strafdoel deur kaptein Martin Odegaard was genoeg om ‘n oorwinning van 1-0 oor Crystal Palace te verseker en na die derde plek op die punteleer op te skuif. Die spanbestuurder, Mikel Arteta, het die pogings van […]

Read More

Aanpassings in wetgewing oor streeksrade word bespreek

Die Namibiese ministerie van stedelike ontwikkeling is tans besig om sy wetgewing in verband met streeksrade aan te pas. Die doeltreffendheid van streeksrade is die afgelope tyd in die nuus met kapasiteitstekorte en ander uitdagings wat ontwikkeling in streke belemmer. Daar is ook kommer oor politieke inmenging. Minister Erastus Uutoni het die byeenkoms, wat oor […]

Read More

Alweendo is hoofspreker by Angolese olie-beraad

Die Angola Olie- en Gaskonferensie vind van 13 tot 14 September in Luanda plaasvind, en bied ‘n platform waar Namibië en Angola bilaterale samewerking op die gebied van energie kan versterk. Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sal as die hoofspreker optree. Alle oë is op Namibië met sy vyf olie- en […]

Read More

Solidarity Lane maak Oekraïnse graanuitvoere moontlik

Die Europese Kommissie sê terwyl Rusland aanhou om Oekraïne se hawens aan te val en voedsel as ‘n wapen te gebruik, gaan Solidarity Lane voort om graan van Kiëf na die res van die wêreld uit te voer. Solidarity Lane het tot dusver 44,4-miljoen-ton graan, oliesade en verwante produkte uit Oekraïne versend. Die kommissie het […]

Read More

Afwesige vaders onder die loep in die hoofstad

‘n Bespreking oor afwesige vaders in Namibië word Donderdag in samewerking met die Hanns Seidel-stigting en die Britse Hoë Kommissariaat in die hoofstad gehou. Die probleem is uiters groot in die land en kenners meen die impak daarvan strek baie verder as net vermiste onderhoudsgeld maar raak ook die ontwikkeling van kinders. Die bekende maatskaplike […]

Read More

Lugvaartkenner gesels oor hoekom die herrie met grondhantering by HKIA

Die afgelope maande was daar groot onsekerheid op Hosea Kutako Internasionale Lughawe as gevolg van die toekenning van die tender vir grond- en vraghantering aan Paragon Aviation. Menzies Aviation, wat reeds jare die kontrak het, het talle aansoeke in die hof geloods en dit was ‘n heen en weer tot Saterdagoggend toe die lughawensmaatskappy ter […]

Read More

Belastingontduiking: Meer as 1 000 boere wil met Shivute vergader

Plaaslike berigte lui dat meer as 1 000 kommersiële en kommunale boere onder Taxpyers Concern Group, ‘n beroep gedoen het op die aanpassing van belastingwetgewing in die land. Van die lede vorm blykbaar deel van die groep wat deur NamRA ondersoek word vir belastingontduiking van 833 miljoen Namibiese dollar wat 1 168 belastingbetalers betrek. NamRA […]

Read More

Mecki gesels oor gesprekspunte by jaarvergadering môre

Savanna Beef Processors se jaarvergadering vind môre plaas waartydens terugvoering gegee sal word oor die vordering wat tot dusver gemaak is met beleggings, sowel as die beplande konstruksie van die abattoir. Cirrus Capital hanteer ook die derde ronde van beleggings van beesprodusente wat op 7 September sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Mecki Schneider van […]

Read More

Dis die Welwitschias teen die Bulle op Vegkop

Namibiese rugbyliefhebbers sien uit na die groot wedstryd tussen die Windhoek Draught Welwitschias en die Blou Bulle wat Saterdag in die hoofstad sal plaasvind. Dit sal ‘n gulde en laaste geleentheid vir die Welwitschias wees ter voorbereiding van die Wêreldbeker-toernooi in September in Frankryk. Die wedstryd is egter verskuif vanaf die Hage Geingob-stadion na Windhoek […]

Read More

Ekonoom sê oor wisselvallige rand

Die Suid-Afrikaanse rand is uiters wisselvallig en vertoon steeds baie swak teen die Amerikaanse dollar. Die geldeenheid het Maandag weer teruggesak na bo 19 teen die Amerikaanse dollar maar het vanoggend effe versterk. Die bekende ekonoom vanuit Suid-Afrika, Dawie Klopper verduidelik die redes aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More