Lugvaartkenner gesels oor hoekom die herrie met grondhantering by HKIA
Die afgelope maande was daar groot onsekerheid op Hosea Kutako Internasionale Lughawe as gevolg van die toekenning van die tender vir grond- en vraghantering aan Paragon Aviation. Menzies Aviation, wat reeds jare die kontrak het, het talle aansoeke in die hof geloods en dit was ‘n heen en weer tot Saterdagoggend toe die lughawensmaatskappy ter elfder uur Menzies uitgegooi het en Paragon ingestel het. Vlugte is herlei en chaos het geheers. Intussen het die lughawensmaatskappy ook onder kritiek deurgeloop omdat redery sê hulle is nie op hoogte gehou van die stand van sake oor die afgelope maande nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner dr. Guy Leitch gesels oor presies waaroor die herrie gaan.