Prigozhin: ‘Revenge is a dish best served cold’
Amerika se President Joe Biden het bespiegel dat die Russiese President, Vladimir Putin, moontlik agter die vliegongeluk naby Moskou sit waarin tien mense dood is. Die paramilitêre Wagner-groep se hoof, Yevgeny Prigozhin wat ook op die passasierslys was, is volgens berigte dood. Die ongeluk het plaasgevind twee maande nadat Prigozhin teen die land se militêre […]
Ramokgopa woeker met ooreenkomste by Brics
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het ‘n gesamentlike ooreenkoms van samewerking onderteken met agt Chinese instellings wat wêreldleiers is op die gebied van energie. Dit volg ‘n dag nadat hy ’n raamwerk-ooreenkoms onderteken het oor samewerking in groen energie, en briewe van onderneming uitgeruil het oor die skenking van noodkrag-toerusting. Ramokgopa sê […]
Burokrasie belemmer doeltreffendheid van staatsondernemings
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing doen ‘n beroep op volledige outonomie van openbare ondernemings met verwysing na hul onvermoë om dinamies te wees en doeltreffend te reageer binne die bestaande institusionele raamwerk onder die regering. Die instituut se ekonoom Robin Sherbourne sê besighede en regeringsentiteite funksioneer onder fundamenteel verskillende raamwerke. Hy is skepties oor die […]
Kaapstad sukkel met bou-mafia in die provinsie
Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die onwettige besetting van grond en behuisingseenhede wat in aanbou is, bly ‘n groot probleem. Die departement se afdeling vir Menslike Nedersettings het meer as 161,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan sekuriteit bestee om die afpersingstaktieke van die bou-mafia en onwettige besetting van oop grond en behuisingseenhede wat […]
Russiese media sê Wagner-hoof is dood in vliegongeluk
Die Wagner-hoof Yevgeny Prigozhin is onder die lys passasiers aan boord van ‘n vliegtuig wat in die Tver-streek, noord van Moskou, neergestort het. Die Russiese ministerie van noodgevalle sê die vliegtuig was van Moskou na St. Petersburg onderweg, en al tien mense aan boord, insluitend drie bemanningslede, is dood. Prigozhin en sy huursoldate was in […]
Nikki Haley looi mede-kandidaat Vivek in debat
Die eerste Republikeinse debat het in Milwaukee, Wisconsin in die VSA plaasgevind. Voorloper Donald Trump was nie daar nie omdat hy meen hy is reeds gewild genoeg en hy is reg omdat hy ver voorloop met 57 persent van die steun teenoor sy naaste teenstander Florida goewerneur Ron DeSantis op 17 persent. Die voormalige Amerikaanse […]
NAC ontken Paragon is nie gesertifiseer
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het in ‘n mediaverklaring vir Paragon Aviation rakende sy sertifisering en kapasiteit as nuwe grondhanteringsmaatskappy by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig. Die uitvoerende hoof van die lughawensmaatskappy Bisey /Uirab het bevestig dat Paragon se relevante sertifisering by die Namibiese Burgerlike Lugvaart-owerheid gedokumenteer en beskikbaar is. Intussen het South African Airways vandag […]
Eskom het geld, maar bestuursprobleem
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Moeletsi Mbeki sê Eskom het nie ‘n geldprobleem nie, maar wel ‘n bestuursprobleem. Hy het tydens die 15de Brics-beraad in Johannesburg, beklemtoon die beurtkragkrisis duur reeds byna 17 jaar voort, ondanks China se skenking van 170 miljoen Suid-Afrikaanse rand om aandag te gee aan Suid-Afrika se energie-uitdagings. Volgens Mbeki begin die […]
Putin sê Brics gaan wêreldmag meer ewerig versprei
Die President van Rusland, Vladimir Putin het aan die ander Brics-leiers gesê die groeiende invloed van die Brics-groepering, gaan daartoe lei dat wêreldmag meer eweredig versprei word. Een van die gesprekspunte is oor die moontlikheid van ‘n nuwe geldeenheid vir Brics-lede. Putin het afgevaardigdes van die Brics-beraad deur ‘n video-verbinding toegespreek. Hy het benadruk dat […]
Akkerbouraad moedig skole aan om tuin te maak
Die Namibiese Akkerbouraad se jaarlikse die akkerbou- en tuinbou-toekenningseremonie sal op 14 September by die Mashare-besproeiingsprojek in die Kavango-Oos-streek aangebied word. ‘n Skole word aangemoedig om aan die kompetisie vir die Beste Skooltuin van die Jaar deel te neem. Kosmos 94.1 Nuus het met Auguste Fabian, skakelbeampet van die Akkerbouraad gepraat…