AfriForum sê steenkoolmyn se impakstudie is onvolledig

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor ‘n onvoldoende omgewings-invloedstudie wat ‘n aansoek steun vir ‘n steenkoolmyn naby die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria. Die studie, wat ingedien is as deel van ‘n bod om steenkoolmyn-bedrywighede by ‘n bestaande kleimyn terugwerkend te magtig, het kritiek ontlok weens teenstrydighede en moontlike plagiaat. Marais de Vaal van Afriforum sê die verslag bevat teenstrydighede, insluitend botsende besonderhede […]

Read More

Eccas vergader oor Gaboen

Die streeksliggaam in Sentraal-Afrika, Eccas, gaan ‘n buitengewone vergadering belê ná die staatsgreep in Gaboen. Eccas het die gebruik van geweld om politieke geskille by te lê veroordeel, en gevra dat die land terugkeer na grondwetlike orde. Die weermaggeneraal, Brice Nguema, is na Woensdag se staatsgreep as Gaboen se nuwe leier aangewys. Hy het die besluit verdedig om President Ali Bongo se […]

Read More

Britse regering sluit 156 skole, swak beton benut

Die begin van die skooljaar is in Brittanje ontwrig met ongeveer 156 skole wat gedwing is om te sluit as gevolg van swak beton wat in die konstruksie gebruik is. Die minister van skole, Nick Gibb, het met Britse media gepraat oor die stand van sake. 

Read More

Samewerking met ANC om gekaapte geboue te bestuur, boodnodig

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, vra nie-regeringsorganisasies om op te hou met hofstryde teen die regering om te verhoed dat mense wat gekaapte geboue beset, verwyder word. Sy het die oproep gedoen tydens haar besoek aan Marshalltown in Johannesburg waar ‘n brand in ‘n vyfverdiepinggebou gelei het tot die dood van 74 mense, […]

Read More

Twee groot uitsprake in hof vanoggend verwag: Menzies, en regter vir Fishrot-saak

Daar is twee uiters belangrike uitsprake in die hoërhof vanoggend. In die eerste, om nege-uur sal regter Hannelie Prinsloo haar beslissing in Menzies Aviation se jongste poging om vrag- en grondhantering by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te herwin, lewer. Om tien-uur sal regter Boas Usiku uitspraak lewer in die aansoek deur drie van die Fishrot-lot, James Hatuikulipi, Sacky Shanghala en Pius Mwatelelo, dat regter Kobus Miller van hulle saak onttrek. Hulle voer […]

Read More

Narraville-brand onder beheer gebring

‘n Brand wat naby Desert Inn in Narraville, Walvisbaai vanoggend ontstaan het is onder beheer gebring deur die brandweer. Daar word berig dat ses of sewe informele huise afgebrand het maar, daar is tot op hede geen beserings of sterftes aangemeld nie. Dit is nie bekend hoe die brand ontstaan het nie maar, dit is nat en mistig aan die […]

Read More

Cyril sê die wat verantwoordelik vir brand is, moet vervolg word

President Cyril Ramaphosa hoop die voortgesette ondersoeke na die dodelike brand in die Johannesburgse middestad sal insig bring wat soortgelyke tragedies in die toekoms sal help voorkom. Hy het gevra dat diegene wat verantwoordelik is vir die verwaarlosing van die vyfverdiepinggebou, aanspreeklik gehou word vir die brand wat 74 lewens geëis, 52 mense beseer en tientalle […]

Read More

Tennis: Dis SA se Harris teen Alcaraz 

Lloyd Harris van Suid-Afrika het die moeilike taak om die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, die stryd aan te sê in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Harris het Dinsdag goed weggespring toe hy die Argentyn, Guido Pella, in skoon stelle geklop het, terwyl Alcaraz die tweede ronde gehaal het toe Dominik Koepfer in die tweede stel weens ‘n enkelbesering uitgetree het. Die […]

Read More

SMEs Compete reageer op nuwe befondsingsriglyn vir tenders

SMEs Compete sê die ministerie van finansies se nuwe riglyn om klein- en medium sakeondernemings te ondersteun, is ‘n goeie inisiatief. Ingevolge die nuwe riglyn, sou een van die maatskappye ‘n tender ontvang, hoef hy nie ‘n lening aan te gaan om fondse te bekom vir die verskaffing van die goedere of dienste nie. Dit word direk […]

Read More

Nampol se Usalama IX lewer groot sukses op

Die Namibiese polisie sê operasie Usalama IX, wat deel vorm van ‘n Interpol-veldtog en jaarliks gehou word was ‘n baie groot sukses. Al 14 streke in die land het tussen 14 en 18 Augustus aan die operasie deelgeneem en in totaal is 159 onwettige immigrante in hegtenis geneem. Daar is 28 verdagtes gearresteer vir dwelms […]

Read More