Samewerking met ANC om gekaapte geboue te bestuur, boodnodig
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, vra nie-regeringsorganisasies om op te hou met hofstryde teen die regering om te verhoed dat mense wat gekaapte geboue beset, verwyder word. Sy het die oproep gedoen tydens haar besoek aan Marshalltown in Johannesburg waar ‘n brand in ‘n vyfverdiepinggebou gelei het tot die dood van 74 mense, insluitend sewe kinders. Meer as 50 mense is beseer. Ntshavheni sê dis van die grootste belang dat NRO’s met die regering saamwerk om die krisis rondom gekaapte geboue op te los: