Ryderbeker keer terug na Spanje in 2031 - July 23, 2025

Die Ryderbeker keer in 2031 terug na Spanje. Die organiseerders het aangekondig dat Camiral Golf and Wellness, naby Girona in Catalonia, die 48ste weergawe van die tweejaarlikse kompetisie tussen Europa en die VSA sal aanbied. Spanje het die Ryderbeker by Valderrama in Andalusia in 1997 aangebied, toe Europa die oorwinning onder die kapteinskap van Seve […]

Read More

Namcor se Imms begin vandag is borgaansoek getuig - July 23, 2025

Die verdedigingsadvokaat Sisa Namandje het sy saak in die borgaansoek van Malakia Elindi, sy vrou Lydia, en broer Peter Elindi, wat beskuldig word van bedrog, geldwassery en ander aanklagte in verband met die Namcor-Enercon saak, afgesluit. Namcor se voormalige besturende direkteur, Immanuel Mulunga, wat ook geïmpliseer word, sal na verwagting vandag begin getuig in sy […]

Read More

FlySafair se loodse vra meer familietyd - July 23, 2025

Die vakbond Solidariteit sê FlySafair-vlieëniers vra voor vandag se mediasiegesprekke, vir beter werksomstandighede en meer tyd met hulle gesinne. Die dispuut is nou voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie en probeer om die voortgesette uitsluiting op te los. Voorstelle sluit in gewaarborgde afnaweke, skofruil-moontlikhede , en vergoeding wanneer daar op rusdae gewerk word. […]

Read More

Amerikaanse justisie soek vergadering met Ghislaine Maxwell - July 23, 2025

Die Amerikaanse justisiedepartement gaan met Ghislaine Maxwell, die medepligtige van die seksoortreder Jeffrey Epstein, vergader te midde van pogings deur die Trump-administrasie om ‘n debakel oor die hantering van die saak te verhoed. Maxwell, ‘n Britse sosiale vlinder, dien 20 jaar tronkstraf uit nadat sy skuldig bevind is aan sekshandel met minderjariges namens Epstein. Hy […]

Read More

Britse Lionesses haal eindstryd - July 23, 2025

Die verdedigende kampioen in die Europese Vroue-kampioenskap, Engeland, het na die eindstryd deurgedring toe hulle Italië in Switserland met 2-1 geklop het. Italië het lank voorgeloop ná ‘n doel deur Barbara Bonansea, maar ‘n laat doel deur Michelle Agyemang het hulle ná ekstra tyd gelyk-op geplaas. Die plaasvervanger Chloe Kelly het die beslissende doel in […]

Read More

Handel in ietermagô’s neem toe, 2024 syfers bekend - July 23, 2025

Owerhede het in 2024 beslag gelê op 50 ietermagô’s, beide lewende diere en velle, saam met 312 skubbe wat vermoedelik van ten minste een ander ietermagô afkomstig is. Hierdie beduidende inhegtenisneming beklemtoon die voortdurende bedreiging vir een van die wêreld se mees gesmokkelde soogdiere, aangesien stropers steeds ietermagôs teiken vir hul hoogs gesogte skubbe en […]

Read More

Skerp kritiek teenoor NDP6 - July 23, 2025

Die politieke ontleder dr. Henning Melber het gereageer op NDP6. Hy sê foutiewe assesserings en beloftes is gemaak en die wat die plan opgestel het moet berispe word vir die skadelike beeld van die staatshoof wat geskep is. Hy sê die president vier ’n inklusiewe ontwikkelingsagenda om die middelinkomste lokval vry te spring maar meen […]

Read More

Recon boor Kavango Wes 1X-put - July 23, 2025

ReconAfrica sê boorwerk aan sy Kavango Wes 1X-put sal voor die einde van die maand begin. Die maatskappy sê die boorinstallasie is veilig op die perseel en alle nodige permitte is bekom. Finale boorinstallasie-montering en veiligheidskontroles is onderweg. Die put sal na verwagting ‘n totale diepte van ongeveer 3 800 meter bereik. Dit is die […]

Read More

Geen klagtes in Zené Grobbelaar-saak gebring nie - July 23, 2025

Die saak van die sogenaamde ontvoering van die 16-jarige Zené Grobbelaar is gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunkkommmissaris Kauna Shikwambi, NamPol-woordvoerder gepraat.

Read More

Coca-Cola sal Trump se voorkeur Coke in VSA vervaardig - July 23, 2025

Die Coca-Cola-maatskappy gaan ‘n weergawe van sy kenmerkende drankie bekendstel wat met Amerikaanse rietsuiker gemaak is na druk van president Donald Trump. Die Amerikaanse weergawe word gewoonlik met mieliestroop versoet, terwyl rietsuiker in ander lande, insluitend Mexiko, gebruik word. Dit is die “Mexikaanse Coke” wat Trump verkies, en hy het Coca-Cola aangemoedig om die rietsuiker-weergawe […]

Read More