Motsoaledi kan nie ZEP ophef nie

Die Helen Suzman-stigting het die jongste hofuitspraak oor die Zimbabwiese vrystellingspermit verwelkom. ‘n Volle regbank in die Pretoria hooggeregshof het bevind die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, se besluit om die permit op te hef is ongrondwetlik en ongeldig. Die hof het ook ‘n tussentydse interdik aan die Zimbabwiese immigrasie-federasie toegestaan wat keer dat permit-houers in hegtenis geneem en uit die land gesit […]

Read More

Marcon veroordeel vir sy aanmerkings oor tiener se dood

Die Franse President Emmanuel Macron, is woedend omdat ‘n polisiebeampte die dood van ‘n tiener veroorsaak het en sê niks regverdig ‘n jong persoon se dood nie. Die 17-jarige, net bekend as Nahel M, is in Nanterre, Parys, geskiet toe hy na bewering geweier het om stil te hou toe hy beveel is, maar sy familie ontken dit. Polisievakbonde beskuldig Macron daarvan dat […]

Read More

Sunak loop deur oor behuisingskrisis

Brittanje blyk om ‘n behuisingskrisis te hê. Nie net is daar ‘n tekort nie, daar is ook hewige kostes daaraan verbonde om ‘n huis te koop. Met die heersende inflasie in die land, en hoë rentekoerse is dit ook uiters moeilik vir normale huishoudings om ‘n woning van hul eie te bekom – nes die geval plaaslik is. Die […]

Read More

Sake verloop goed by Ruach Elohim, maar hulp is altyd nodig

Die Ruach Elohim-stigting op Swakopmund sê dinge verloop redelik goed maar die kostes om ongewensde babas te versorg is hoog. Ronel Peters, een van die stigters, sê die gemeenskap doen sy beste om hulle by te staan. Sy moedig ma’s aan om eerder hul babas by hulle te los en vra ook vir bystand van die gemeenskap.    

Read More

Moontlikheid vir privaat vennootskap vir Meatco

Plaaslike berigte lui dat ‘n openbare-privaat vennootskap vir Meatco onder bespreking is. Die kabinet oorweeg tans die maatskappy se herstrukturering en so ‘n vennootskap vorm deel van die gesprek. Die landbouminister Calle Schlettwein het aan plaaslike media bevestig dat hy die idee dat die maatskappy geprivatiseer word verwerp en voorgestel dat 1,7 miljard Namibiese dollar daarin belê word – blykbaar […]

Read More

Al gee binnelandse sake toe, Swapo het steeds ‘n gay-huwelikplan

Terwyl daar groot opgewondenheid is oor die ministerie van binnelandse sake dat hy voortaan buitelandse burgers in gay-huwelike, ingevolge die Namibiese immigrasiewette wat van toepassing op heteroseksuele huwelike is, sal erken, is daar steeds kommer oor presies wat die Swapo-regering beplan om te doen. Die party het reeds te kenne gegee dat hy opsies oorweeg […]

Read More

Noordelike pastoor beskuldig van vier skool-swangerskappe

Vier leerders van die Etomba Sekondêre Skool in die Ohangwena-streek sê die Pinksterpastoor in die gebied het hulle swanger gemaak. ‘n Senior tradisionele leier van die Oukwanyama in die gebied, George Nelulu, sê hy het groot kommer oor die rol van kerke en pastore in die gebied. ‘n 19-jarige meisie het aan plaaslike media bevestig dat die pastoor die pa van haar kind is maar, […]

Read More

Trump het die dokumente gehou vir een rede – sy ego

Die voormalige goewerneur van New Jersey, Chris Christie, wat ook sy naam in die hoed gegooi het vir Republikeinse presidentskandidaat, het met Amerikaanse media gepraat oor die dokumente-saak van sy voormalige baas, Donald Trump. Volgens Christie, het Trump die dokumente gehou vir net een rede… sy ego.

Read More

Mkhwebane eis dat voorsitter Dyantyi onttrek

Die geskorste Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane sê haar prokureurs gaan nog ‘n dringende aansoek teen die voorsitter van die Artikel 194-komitee, Richard Dyantyi, indien waarin sy eis dat hy onttrek. Sy beskuldig Dyantyi, die ANC-parlementslid Pemmy Majodina en wyle Tina Joemat-Pettersson van omkopery, afpersing en korrupsie. Mkhwebane sê die hele ampsklagproses is onregmatig omdat Dyantyi […]

Read More

Unam se saad-ontwikkeling deur Akkerbouraad befonds

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n memorandum van verstandhouding met Unam onderteken om navorsing in verband met saad uit te voer. Die belangrikste aspek van akkerbou is toegang tot bekostigbare saad met ‘n hoë opbrengs en wat aangepas is tot Namibiese toestande – beide grond en klimaat. Amper 3 miljoen Namibiese dollar is tussen 2020 en […]

Read More