
Olie sal laag bly en hier is hoekom - September 9, 2024
Die bekende ekonoom Dawie Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die voorspelling van Goldman Sachs wat sê hy handhaaf sy Brent-ru-reeks van tussen 70 en 85 Amerikaanse dollar per vat in die komende maande en voorspel 74 dollar in Desember. Opul+ het ook produksie-verhogings, wat in Oktober sou begin, tot Desember uitgestel. Brent […]
Vry Swapo-skenkings na kontrake, tenders? - September 9, 2024
Plaaslike berigte lui dat van die skenkings aan Swapo oor die naweek, wenkbroue laat lig. Volgens The Namibian het ‘n Zimbabwiese-afvaardiging met kinders van president Emmerson Mnangagwa 2,5 miljoen Namibiese dollar aan Swapo geskenk. Die omstrede Rani-groep het 1,5 miljoen dollar bewillig en die meer omstrede kondoom-tenderpreneur Shapwa Kanyama het 1,5 miljoen dollar gegee. Otjozondjupa-goewerneur […]
Mbumba-beloftes na China besoek: President sal moet mooi besin… - September 9, 2024
Na die Afrika-China-beraad het president Nangolo Mbumba aangekondig dat sy regering landbouverwerkingsentrums in landelike gebiede vir vestig om plaaslike produksie ‘n hupstoot te gee, ekonomiese groei te stimuleer en waarde tot landbouprodukte toe te voeg. Mbumba sê hierdie inisiatief sal bekostigbare kleinskaalse tegnologieë, toerusting en gereedskap vereis om landbouverwerking in die land te verbeter en […]
Okh-polisie ondersoek bende-aktiwiteit na huisbrake oues teiken - September 9, 2024
Die polisie op Okahandja ondersoek moontlike bende-aktiwiteit na ‘n roof oor die naweek van ‘n bejaarde egpaar, 81 en 83 jaar oud, by hulle huis. Vier mans het die huis binnegekom en die twee in die toilet vasgebind en toegesluit. Hulle het volgens die polisie weggekom met 400 Namibiese dollar en etlike goedere. Dit was […]
Plaaslike owerhede loop deur oor mislukking in sanitasie - September 9, 2024
Die gebrek aan sanitasie in Namibië, veral in landelike gebiede, bly ‘n ernstige kwessie. Burgers doen ‘n beroep op die ombudsman om in te gryp oor die probleme van putlatrines en stortingsterreine. Ombudsman Basilius Dyakugha het sy kommer aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek oor die versuim van sommige munisipaliteite en plaaslike rade om afval doeltreffend […]
Aktiviste boos oor onnies wat kinders uit wiskunde klasse gooi - September 9, 2024
Die buurland se onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, versoek die regering om die kwessie aan te spreek van onderwysers wat leerders soms met geweld uit ʼn wiskundeklas verdryf na ʼn klas vir wiskundige geletterdheid, sonder om die ouers te raadpleeg. Volgens Makaneta is dit ʼn blatante miskenning van hulle reg tot gehalte onderwys en ʼn skerp herinnering […]
Skietvoorval by Jordanië/Wesoewer-grens ontketen ‘n herrie - September 9, 2024
’n Gewapende man van Jordanië het drie Israeliese burgerlikes by die Allenby-brug-grensoorgang in die besette Wesoewer doodgeskiet voordat veiligheidsmagte hom gedood het. Dit het ‘n herrie ontketen omdat dit ‘n mislukking van Israel se verdediging aandui. Die aanval het plaasgevind in ‘n kommersiële vraggebied onder Israeliese beheer waar Jordaniese vragmotors vrag wat die Wesoewer binnekom, […]
Skrywer van reuse-treffers soos My Heart Will Go On, Will Jennings, oorlede - September 9, 2024
Will Jennings, medeskrywer van groot treffers soos Steve Winwood se Higher Love en Celine Dion se My Heart Will Go On is op die ouderdom van 80 by sy huis in Texas dood. My Heart Will Go On is sinoniem met die 1997-rolprent, Titanic, en het Jennings ‘n Oscar, ʼn Golden Globe en ʼn Grammy […]
Dit kom voor asof GRN nie onderwys-uitdagings ernstig opneem nie - September 8, 2024
Die regering kom onder skoot vir sy begroting vir meubels en inligting en kommunikasie-toerusting. Die begroting vir vanjaar is op 197,7 miljoen Namibiese dollar maar, die grootste deel daarvan word deur verdediging en binnelandse sake bestee, 22 persent. Onderwys kry net 18 persent, ten spyte van reuse-tekorte aan lessenaars, stoele, koshuisbeddens en rekenaars in skole. […]
Aussie-sensus sal seksuele oriëntasie, en geslag, by sensus insluit - September 8, 2024
Australië sal vir die eerste keer vrae oor seksuele oriëntasie en geslag by sy sensus insluit, ná meer as ’n week van omstredenheid oor die Arbeidsregering se vroeëre besluit om hulle uit te sluit. Tesourier Jim Chalmers het vandag gesê die 2026-sensus sal seksuele oriëntasie en geslag insluit. Hy sê daar is na die LGBT-gemeenskap […]