
Sheehama-verdagtes weer 22 Augustus terug in die hof - August 9, 2024
Die Erongo-polisie is druk besig met die ondersoek na die dood van die Unam-student Matheus Sheehama wat eers as vermis aangegee is en toe Dinsdag uitgespoel is. Dit kom na sy meisie, die 27 jarige Jessica Gaes, ook in hegtenis geneem is en reeds verskyn het. Haar saak is tot 22 Augustus uitgestel. Die streeksbevelvoerder […]
O&L se Cleanergy vorder baie goed - August 9, 2024
Cleanergy Solutions Namibia staan aan die spits van die ontwikkeling van Afrika se eerste groenwaterstofproduksiefasiliteit en openbare vulstasie in die Erongo-streek. Die gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver en List en CMB.TECH gebruik sonkrag om waterstof as brandstof vir vragmotors, hawetoerusting en spoorwegtoepassings te vervaardig. Dit dra by tot Namibië se doelwit om ‘n leier in hernubare […]
Hatuikulipi kan nie sy geld kry nie - August 9, 2024
Regter Claudia Claasen het die aansoek deur Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi om 5,75 miljoen Namibiese dollar uit sy bank- en beleggingsrekeninge vry te stel van die hand gewys. Die bates is bevries en Hatuikulipi het aangevoer hy het die geld nodig om vir sy verdediging in die Fishrot-saak te betaal. Aanklaer-generaal Martha Imalwa het sy aansoek […]
R5 miljard vir waterinfrastruktuur in die Kaap - August 9, 2024
Die Stad Kaapstad se direktoraat vir Water en Sanitasie sê hy is gereed om die goedgekeurde kapitaalbegroting van 5 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die 2024/2025-boekjaar tot voordeel van inwoners aan te wend. Water en Sanitasie se totale begroting vir 2024/2025 is 18 miljard rand, waarvan 5 miljard vir kapitaal- en 13 miljard vir bedryfsbesteding is. […]
Franse tiener rugbyspeler verdrink by Kaappunt - August 9, 2024
SA Rugby het medelye uitgespreek nadat ‘n tiener Franse speler vermoedelik dié week by Kaappunt verdrink het. Die 17-jarige Medhi Narjissi was ‘n lid van sy land se onder-18-span wat deelneem aan ‘n toernooi saam met Suid-Afrika, Engeland, Ierland en Georgië. Hy is die see in meegesleur tydens ‘n uitstappie met sy spanmaats. Die president […]
Atlantic One is nog net 4 persent ontgin - August 9, 2024
Debmarine Namibia, of Namdeb, is ‘n gesamentlike onderneming tussen die regering en De Beers. Namdeb werk in die Atlantic One lisensiegebied sowat 20km aflandig van die suidwestelike kus van Namibië. Godfrey Ngaisuie, Debmarine se senior mineraalhulpbron-bestuurder, het by die mynbou-ekspo ‘n opdatering van produksie gegee.
Veteraan-uitsaaier Deon van Rensburg sterf op 56 - August 9, 2024
Die veteraan-uitsaaier Deon van Rensburg is vanoggend oorlede. Future Media, vir wie hy by Nova uitgesaai het, het die nuus bevestig maar, het nie die oorsaak van sy afsterwe bekend gemaak nie. Die 56-jarige Van Rensburg was vir langer as 25 jaar betrokke by talle radiostasies in Namibië en was ook werksaam by Kosmos 94.1. […]
Vennootskappe kritiek vir infrastruktuur in SA - August 9, 2024
Consulting Engineers South Africa beklemtoon die kritieke rol van strategiese vennootskappe in die bevordering van infrastruktuurontwikkeling. Die uitvoerende hoof van die organisasie Chris Campbell sê samewerking tussen die regering, die privaat sektor en belanghebbers in die gemeenskap verbeter die doeltreffendheid en gehalte van projekte. Volgens hom is openbare-privaat vennootskappe veral doeltreffend, want dit mobiliseer privaat […]
Seidler voltooi nie marathonswem in Parys nie - August 9, 2024
Ongelukkig moes Phillip Seidler hom vandag onttrek aan die mans 10 kilometer marathonswem. Hy was in die 28ste plek toe hy die halfpadmerk bereik het. Die rede vir sy onttrekking is nie bekend nie. Daar is nog net een Namibiese atleet oor in Parys wat nog moet deelneem. Helalia Johannes neem Sondagoggend aan die vroue-marathon […]
Kommersiële boere maak wesenlike verskil in droogtehulp - August 9, 2024
Kommersiële boere, ten spyte daarvan dat hulle direk deur die droogte geraak word, is aktief betrokke by pogings om die gevolge daarvan te versag. Die Namibiese Landbou-unie sê verskeie suksesse is behaal. Sedert Januarie vanjaar het die vier landbou-unies bewusmakingsveldtogte oor die droogte met die regering gevoer. Daarna is bemarkingsinisiatiewe deur die regering ingestel, geldig […]