Aussie-polisie soek na man wat koffie op baba uitgooi - September 10, 2024

Die Australiese polisie het met ’n internasionale soektog begin na ’n man wat glo warm koffie op ‘n baba van nege maande gegooi en ernstige brandwonde veroorsaak het. Paul Dalton van die Queensland-polisie sê die 33-jarige verdagte is landuit. Die baba was laat-Augustus by ʼn gesinspiekniek in ʼn park in Brisbane, toe ʼn onbekende reisende […]

Read More

Kiwi-breier in die sop by die huis - September 10, 2024

Hoofafrigter Scott Robertson verwag moeilike vrae tuis na die All Blacks se rampspoedige besoek aan Suid-Afrika. Die eens gevreesde span het nou vier wedstryde agtereenvolgens teen die Springbokke verloor en is tans in ʼn ongekende derde plek op die Rugbykampioenskapspunteleer. Die Kiwi’s het ook onverwags in hulle eerste wedstryd in die kompetisie teen Argentinië verloor. […]

Read More

Inflasie dalk laer maar Khomas het deurgeloop - September 10, 2024

Inflasie vir Augustus is 4,4 persent aangeteken, af van 4,6 persent in Julie. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit is ook ‘n afname van die 4,7 persent wat verlede jaar in Augustus gemeet is. Inwoners van Khomas het geen verligting gekry nie met inflasie in die streek, bekend as sone 2, op 5,4 persent gemeet. Sones […]

Read More

As Swapo N$17m kan insamel, kan armes en hongeres ook gehelp word - September 10, 2024

Swapo het na wat berig word 16,2 miljoen Namibiese dollar by sy gala-dinee ingesamel, asook 1,1 miljoen dollar by ‘n veiling. Dit kom na sy sekretaris-generaal Sophia Shaningwa in hofstukke uiteengesit het dat die party nie fondse het om die nodige buitengewone kongres te hou na die afsterwe van Hage Geingob nie. Die gala-dinee is […]

Read More

Thembi en die VBS Bank – president moet belsuit, nie party nie - September 10, 2024

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê president Cyril Ramaphosa kan die minister van Justisie, Thembi Simelane, se lot in haar huidige posisie bepaal en nie die party nie. Simelane het in 2016, terwyl sy burgemeester van Polokwane was, ʼn lening ontvang wat met Gundo Wealth Solutions verbind word. Dié maatskappy word by die VBS […]

Read More

Kane speel 100ste vanaand vir Engeland - September 10, 2024

Harry Kane word vanaand die tiende speler wat 100 keer vir Engeland speel wanneer hy die span teen Finland op Wembley aanvoer. Die organiseerders hou voor die UEFA-nasiesliga-kragmeting ‘n spesiale plegtigheid wat die oorhandiging van ‘n goue pet insluit. Kane is die eerste speler wat 100 wedstryde vir Engeland speel sedert Wayne Rooney. In sy […]

Read More

Amerikaners kan nie appelleer nie - September 10, 2024

Die twee Amerikaners Marcus Thomas en Kevan Townsend sal hulle 30 en 29 jaar vonnisse moet uitdien. Dit kom na verlof tot appèl geweier is. Die twee is verlede jaar skuldig bevind aan die moord op die Namibiër André Heckmair in 2011. Heckmair is in ‘n stil straat in Klein Windhoek met ‘n enkele kopskoot […]

Read More

Windhoek se water is veilig, al is dit bruin - September 10, 2024

Die Stad Windhoek het verskeie planne om inwoners steeds van water te voorsien, te midde van die voortslepende droogte en lae damvlakke. Dit sluit in om boorgatwater te gebruik en waterbesparingsmaatreëls af te dwing. Inwoners in Windhoek-Wes, veral Cimbabasia, kla nou oor donkerbruin water wat uit hul krane kom en beweer dit is nie geskik […]

Read More

Hoofeiser in listeriose-saak se geld is op - September 10, 2024

Die hoofeiser in die Tiger Brands listeriose-klasaksie, Montlha Ngobeni, sê sy staar finansiële swaarkry in die gesig nadat haar dogter, wat tydens die listeriose-uitbreking gebore is, ernstige komplikasies opgedoen het. Die kind moes ses operasies ondergaan weens listeriose-verwante breinskade, wat voortdurende gesondheidskwessies veroorsaak. Richard Spoor Ingelyf en LHL-prokureurs het die #TigerBrandsMustPay-veldtog van stapel gestuur om […]

Read More

Duitsland versterk sy grense teen migrasie - September 10, 2024

Duitsland se regering het planne aangekondig om strenger beheermaatreëls by al die land se landgrense in te stel, in wat hy noem ‘n poging om onreëlmatige migrasie aan te pak en die publiek te beskerm teen bedreigings soos Islamitiese ekstremisme. Die beheermaatreëls sal op 16 September begin en aanvanklik vir ses maande duur. Dit volg […]

Read More