
Starmer sê Midde-Ooste op die rand van ‘n streeksoorlog - October 3, 2024
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, waarsku die Midde-Ooste is op die rand van ‘n volskaalse oorlog, wat rampspoedig sal wees. Dit volg nadat Iran Dinsdagnag byna 200 missiele afgevuur het op Israel, in weerwraak vir Vrydag se lugaanval in die Libanese hoofstad, Beiroet, waarin die Hizbollah-leier Hassan Nasrallah dood is. Starmer het deelgeneem aan […]
Nintendo-museum open in Japan - October 3, 2024
Die wêreld se langverwagte Nintendo-museum het sy deure amptelik in Uji, sowat ʼn uur suid van Kioto in Japan, geopen. Die museum strek oor drie hoofgeboue en neem besoekers deur die maatskappy se geskiedenis van 135 jaar. Daar is ʼn uitstalling van skaars speelstange en prototipes, interaktiewe speletjies en ervarings, en ʼn burger-restaurant met ʼn […]
LGBT-aktivis ontvang gesogte toekenning - October 3, 2024
Aktivis Omar van Reenen het die eerste openlike LGBT-aktivis geword om die Kofi Annan NextGen Democracy-toekenning te ontvang, ‘n eerbewys wat toegeken word vir uitsonderlike leierskap wat jongmense inspireer om demokrasie te bevorder. Hy het Woensdagaand die toekenning by die Athene Demokrasie-forum van 2024, in Athene, Griekeland, ontvang.
Ons moet ophou met op-die-hof-uitvoere - October 3, 2024
Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy kommentaar om veebemarkingstelsels in die land te heroorweeg. Hy sê die klem moet gelê word op waardetoevoeging om werkskepping en ekonomiese groei te bevorder. Volgens Uerikua moet die uitvoer van op-die-hoef speenkalwers staak. Hy verduidelik. In 2023 in 152 000 speenkalwers na Suid-Afrika uitgevoer […]
Kommoditeite: Regerings het geen beheer nie - October 3, 2024
Namibië se ekonomie het in die tweede kwartaal met 3,5 persent gegroei, maar staar verskeie uitdagings in die gesig. Droogtetoestande sal nog vir ‘n wyle ‘n rol speel en daar word laer vraag verwag in die uraan- en diamantmynsektore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, wat kommentaar lewer op die […]
Nudo hou kongres, Muinjangue bevestig sy staan nie - October 3, 2024
Die leier van Nudo, Esther Muinjangue het berigte dat sy ‘n ommekeer gemaak het en weer as partypresident by die kongres sal staan, weerlê. Die party sal sy langverwagte kongres die naweek hou om sy parlementslede en president te verkies. Muinjangue sê sy was baie duidelik toe sy gesê het sy staan nie weer nie.
Kitskoffie te duur, vraag na moerkoffie klim - October 3, 2024
Inflasie in Suid-Afrika het gelei tot ‘n beduidende styging in koffiepryse, met kitskoffie wat ‘n 22,3-persent prysstyging aangeteken het van Augustus 2023 tot Augustus vanjaar. Kitskoffieverbruik het met 12-persent gedaal en die gebruik van gemaalde koffie en bone het met 58-persent gestyg. Volgens Eighty20 verkies die ryker marksegmente gemaalde koffie, met kitskoffie wat gewild bly […]
N$313 725 op Walvisbaai gebuit - October 3, 2024
Die MultiSave-supermark op Walvisbaai is Woensdagoggend beroof van 313 725 Namibiese dollar deur drie gewapende mans. Die drie het gevlug en is steeds soek. Volgens die Namibiese polisie het die roof net na ses-uur in die oggend plaasgevind en die drie het daarin geslaag om ‘n kontantsak te steel. Hulle het in ‘n donker Polo […]
Namfisa bemagtig verbruikers gedurende Oktober - October 3, 2024
Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het Oktober aangewys as Verbruikersbeskermingsmaand, wat daarop gemik is om verbruikers op te voed oor hul finansiële regte en verpligtinge. Hierdie inisiatief sal die kritieke belangrikheid beklemtoon om verbruikersregte te beskerm en te handhaaf, om verbruikers teen markwangedrag te beskerm en om te verseker dat hulle ingelig is […]
DA, VF+ moet deelname aan GNU heroorweeg - October 3, 2024
AfriForum versoek die DA en Vryheidsfront Plus om hul deelname aan die regering van nasionale eenheid te heroorweeg indien die omstrede BELA-wet sonder veranderings in werking gestel word. Die organisasie beplan versetoptrede en beweer die regering verontagsaam verdere gesprekke oor die aangeleentheid. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, waarsku die wet hou ‘n bedreiging in […]