
Ghana bevestig geval van M-pokke, toets vir variant - October 4, 2024
Ghana se gesondheidsdiens het die land se eerste geval vanM-pokke vanjaar aangemeld, sonder om bekend te maak watter variant aangeteken is. Toetse is aan die gang om vas te stel of dit die klade Ib-vorm van die virus is wat wêreldwye kommer veroorsaak. Ghana het voorheen gevalle van die siekte in 2022 en 2023 aangeteken. […]
Melania ondersteun aborsieregte ten volle - October 4, 2024
Die voormalige Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, sê sy glo daar is geen ruimte vir toegewings as dit ‘n vrou se individuele vryheid betrek nie. The Guardian het uittreksels uit haar komende boek gepubliseer, waarin sy sê sy ondersteun aborsieregte, sonder enige ingryping of druk van die regering. Haar verdediging van aborsieregte is die teenoorgestelde van […]
Swys bring verandering aan span vir Aussies - October 4, 2024
Lusanda Dumke sal die Springbok-vroue aanvoer wanneer hulle môre op die Athlone-stadion in Kaapstad teen Australië te staan kom in die tweede ronde van die Vroue-15 se tweede seisoen. Dumke se insluiting in die opdrafspan is een van die veranderings wat Swys de Bruin en die afrigtingspan aangebring het vir die kragmeting na verlede week […]
So lyk PDM se planne - October 4, 2024
Politieke partye is besig om hul veldtogte te verskerp in aanloop tot die verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Popular Democratic Movement se presidensiële woordvoerder, Roberto Dirkse, wat na sommige van die probleme met die land se ekonomiese strukture verwys. Hy verduidelik wat die PDM met staatskuld en semistaatsinstellings wil doen. Die party […]
Herstel van Wes Kaap se paaie na storms kos R1,8 miljard - October 4, 2024
Die Wes-Kaap het sedert Junie verlede jaar meer as 1,8-miljard Suid-Afrikaanse rand se vloedskade aan sy paaie opgedoen. Talle paaie binne die provinsie se 32 202 kilometer padnetwerk is gesluit, wat die hertoewysing van hulpbronne genoodsaak het om te verseker dat strategiese roetes veilig en toeganklik vir die publiek bly. Die DA se Wes-Kaapse woordvoerder […]
WGO sê 28 van sy werkers is in Libanon dood - October 4, 2024
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 28 gesondheidswerkers is die afgelope 24 uur in Libanon dood. Meer as 1 000 mense in dié land is dood en sowat 1 miljoen inwoners is verplaas sedert Israel se oorlog teen die Iran-ondersteunde militante groep Hezbollah verskerp het. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê weens vliegbeperkings oor die land […]
Mbappé loop twee wedstryde vir Frankryk mis - October 4, 2024
Kaptein Kylian Mbappé speel nie vir Frankryk in die komende UEFA Nasiesliga-wedstryde teen Israel en België nie. Hy word steeds ʼn ruskans gegun nadat hy onlangs teruggekeer het na ʼn besering. Mbappé was ’n plaasvervanger vir Real Madrid in Woensdag se nederlaag van 1-0 teen Lille. Frankryk se wedstryd teen Israel komende Donderdag is na […]
Handelsbeleid is amper gereed, word binnekort bekend gestel - October 4, 2024
Die bekendstelling van Namibië se Nasionale Handelsbeleid en die Nasionale Aksieprogram vir Belegging is geskeduleer vir Maandag, 14 Oktober. Dit sal amptelik die strategiese raamwerk bekendstel wat die land se globale handelsbetrekkinge, in lyn met Visie 2030, sal lei om ‘n ontwikkelde nasie te word. Elijah Mukobonda, die handelsministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 […]
Phala Phala: EFF wend hom aan Konstitusionele Hof - October 4, 2024
Die Konstitusionele Hof hoor op 26 November die EFF se aansoek aan om die Parlement se besluit om president Cyril Ramaphosa nie na ʼn ampsklagkomitee te verwys nie, te verwerp. Dit hou verband met die Phala Phala-skandaal. In 2022 het die ANC sy meerderheid in die Nasionale Vergadering gebruik om ʼn mosie vir ʼn ampsklagondersoek […]
Cheney is lief vir oorlog maak – Trump - October 4, 2024
Die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump het gereageer op Republikein Liz Cheney wat saam met Demokraat Kamala Harris op haar veldtog verskyn het. Cheney sê Trump is ‘n bedreiging vir demokrasie en sy sal vir Harris stem. Trump het met Fox News gepraat.