300 National Circuit-byeenkoms gekanselleer
Die Windhoek Motorklub se 300 National Circuit-byeenkoms, wat aanvanklik vir Saterdag by die Tony Rust-renbaan geskeduleer was, is gekanselleer. Die besluit is geneem nadat veiligheid as die topprioriteit beklemtoon is op ‘n vergadering. Dit is na aanleiding van ‘n voorval waar Michael Strydom se voertuig ‘n meganiese probleem tydens ‘n onlangse wedren ervaar en deur […]
Groenammoniak-aanleg op pad na Walvisbaai
Planne om ‘n grootskaalse groenammoniak-aanleg in Namibië te vestig vorder vinnig, met mede-ontwikkelaars Envision Energy en Zhero wat hul verbintenis tot die projek tydens ‘n onlangse besoek aan Namibië onderstreep het. Envision beplan die vestiging van 100 Netto Zero Industriële Parke wêreldwyd, wat spilpunte van volhoubare industrie sal wees. Namibië is geïdentifiseer as ‘n sleutelligging, […]
PEL 93 in Owambo-kom lyk belowend na seismiese toetse
88 Energy het die voltooiing van 2D seismiese verwerking oor PEL 93 in die Owambo-kom aangekondig en sê beduidende strukture is in die verwerkte data geïdentifiseer. Interpretasie van die nuwe data sal binnekort begin in samewerking met hul gesamentlike ondernemingsvennoot, Monitor Exploration Limited. Daar word verwag dat die volumetriese skatting ‘n beduidende voornemende hulpbron in […]
Behuisingsaktiviste optimisties oor Behuisingsbeleid-implementering
Volgens die 2023-bevolking- en behuisingsensus-hoofverslag woon 40,2 persent van Namibië se stedelike bevolking in plakkershutte. Intussen is die implementering van die 2023 Nasionale Behuisingsbeleid in die middeltermyn-begrotingsoorsig aangekondig. Die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie is besig om koördineringstrukture te vestig, insluitend die Nasionale Behuisingsbeleid-implementering Loodskomitee en die Projek Implementeringseenheid. Vordering is stadig, maar die ministerie verkry […]
Baba in vlak graf op Walvis gekry, polisie vra hulp
Die Erongo-polisie vra die publiek se hulp om die 24-jarige Ashley Mudimu op te spoor, na ‘n gru-vonds agter die vlootbasis op Walvisbaai. Vlootlede op patrollie het afgekom op die lyk van ‘n drie-maande oue dogtertjie in ‘n vlak graf langs die see. Mudima, die baba se ma, kan dalk lig werp op die voorval […]
Swakopmund werk aan behuising
Swakopmund Munisipaliteit het geadverteer dat sy Raad van voorneme is om 5 erwe te skenk aan eerstekeer-huiseienaars wat op die meester-waglys is onder die 40/40 (Krediet skakel) Behuisingsprojek. Die erwe is in Uitbreiding 6 en 7 in Matutura en wissel in waardasieprys tussen 64 000 Namibiese dollar en 70 000 dollar. Die munisipaliteit het in […]
Media24 sluit belangrike gedrukte uitgawes
Media24 sluit belangrike gedrukte uitgawes nadat die Mededingingskommissie toestemming verleen het vir die verkoop van On the Dot, Soccer Laduma en ander bates aan Novus Holdings. Die gedrukte uitgawes van Beeld, Rapport, City Press en Daily Sun word teen 31 Desember gestaak en sommige titels verskuif eksklusief aanlyn. Die tussentydse uitvoerende hoof, Raj Lalbahadur, beklemtoon […]
Libanon-wapenstilstand word bespreek
Senior Amerikaanse amptenare gaan hul Israeliese eweknieë ontmoet om ‘n moontlike ooreenkoms te bespreek om die konflik in Libanon te beëindig. Dit kom na Hamas afsonderlike wapenstilstandplanne vir Gaza verwerp het, waar Israeliese aanvalle voortduur. Volgens Israeliese mediaberigte sal Hezbollah-magte volgens die Amerikaanse plan sowat 30km van die grens met Israel terugtrek. Israeliese magte sal […]
Springbok Vroue-sewesspan verwelkom nuwelinge
Rugby: Nompumelelo Mathe en Leigh Fortuin is twee nuwelinge in die Springbok Vroue-sewesspan vir die Afrika Vroue-sewestoernooi wat volgende naweek in Ghana plaasvind. Die drie top spanne sal kwalifiseer vir Wêreldrugby se uitdaagreeks. Suid-Afrika kom in hulle eerste wedstryd teen Burkina Faso te staan voor hulle sake uitspook met Zimbabwe en Tunisië in Groep A. […]
TB globale probleem, maar Namibië het goeie programme
Alhoewel ‘n rekord 8,2-miljoen nuwe gevalle van tuberkulose verlede jaar wêreldwyd gediagnoseer is, het die aantal TB-verwante sterftes van 1,32-miljoen in 2022 tot 1,25-miljoen verlede jaar gedaal. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê egter nie alle nuwe gevalle word gediagnoseer nie, en daar kan meer as 10 miljoen nuwe gevalle wees. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kalumbi […]