
Missiele reën vir tweede nag op Kiev - May 25, 2025
Rusland het die Oekraïnse hoofstad Kiev vir ‘n tweede nag met missiele en hommeltuie aangeval terwyl die twee lande honderde krygsgevangenes uitgeruil het. CNN berig drie mense is oornag dood in aanvalle op die streek rondom die Oekraïnse hoofstad, ‘n dag nadat minstens 13 mense regoor Oekraïne in Russiese aanvalle dood is. Die aanslag op die hoofstad […]
Tennis: Cobolli klop Rublev in Hamburg Ope - May 25, 2025
Die Italianer Flavio Cobolli het Saterdag die derde gekeurde Russiese speler Andrey Rublev maklik geklop in die Hamburg Ope. Cobolli het een van die beste vertonings van sy loopbaan gelewer en met 6-2, 6-4 gewen. Die 23-jarige Italianer was die buiteperd teen Rublev, maar danksy die oorwinning sal hy nou met nege plekke tot ‘n […]
Namibië jaag vinniger internet - May 25, 2025
Die inligtingsministerie wil Namibië se internetspoed verbeter en teiken ‘n minimum-aflaaispoed van 25 megabit per sekonde (Mbps) en ‘n oplaaispoed van drie Mbps. Die huidige standaardkoers is 2 Mbps. Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, Audrin Mathe, sê hoewel beduidende vordering met die uitbreiding van digitale infrastruktuur in die land gemaak is, is daar nog […]
Minder moorde in Wes-Kaap - May 25, 2025
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die enigste manier waarop die provinsie misdaad meer effektief kan aanpak, is deur die polisiëringshulpbronne en gesag wat inwoners nodig het en verdien, van die nasionale regering te bekom. Polisiemisdaadstatistieke het getoon dat daar ‘n afname van 4 persent in die algehele moordsyfer vir die vierde kwartaal van 2024/2025 […]
Trump stook gewapende magte op - May 25, 2025
President Donlad Trump van Amerika het Saterdag by die militêre akademie by West Point met ‘n verdedigingsbegroting van een triljoen Amerikaanse dollar gespog. Die West Point-gegradueerdes betree die Goue Era van Amerika, het Trump gesê. Die verdedigingsmagte se plig is om vreemde kulture te transformeer en demokrasie wêreldwyd met die loop van ‘n geweer te […]
Rugby: Pumas vat SA Beker huis toe - May 25, 2025
Die Pumas het hul eerste SA Beker-titel verower toe hulle Griekwas in Saterdag se eindstryd by die Mbombela-stadion in Nelspruit verslaan het. Griekwas se voorryspeler, Cebo Dlamini, het ‘n 20-minute rooikaart in die sewende minuut ontvang ná ‘n kop-aan-kop-duikslag, en die tuisspan het skaars ‘n minuut later ‘n doel aangeteken, wat Griekwas vir die res […]
Windhoek sal nie in wetteloosheid verval, sê CoW - May 25, 2025
Die Windhoekse munisipaliteit het reageer op ‘n voorval vroeër vandeesweek waartydens die stadspolisie se optrede teenoor informele verkopers voor ‘n kettingwinkel in Werner Liststraat in die middestad fel kritiek uitgelok het. Volgens CoW kla besighede toenemend op informele verkopers wat onwettig voor hul winkels sake doen, kliënte steur en ingange versper. Dit hou ook ‘n […]
Solidariteit in reusepoging om raswette te keer - May 25, 2025
Solidariteit gaan ‘n regsfonds van 7 miljoen rand stig in sy grootste poging nóg om raswette te stop, berig Rapport. Dit volg ná die departement van kommunikasie en digitale tegnologie Vrydag regulasies in die Staatskoerant gepubliseer het wat verligting bied aan buitelandse maatskappye, soos Starlink, met betrekking tot swart eienaarskap. Volgens Solidariteit het die Withuis-gesprekke […]
Meer as 100 miljoen wêreldwyd ontwortel - May 25, 2025
Die Verenigde Nasies se Noodhulpverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, waarsku dat die stelsels wat burgerlikes in gewapende konflikte beskerm, besig is om in duie te stort. Die VN het verlede jaar meer as 36 000 burgerlike sterftes in 14 gewapende konflikte aangemeld. Altesaam 122 miljoen mense wêreldwyd is ontwortel. Fletcher sê die maatreëls wat burgerlikes moet beskerm, […]
Motorsport: Norris spring weg in Monaco Grand Prix - May 25, 2025
Die McLaren-jaer Lando Norris spring voor weg in die Monaco Grand Prix, met Charles Leclerc van Ferrari langs hom. Lando Norris se spanmaat en voorloper in die kampioenskap, Oscar Piastri, het derde gekwalifiseer. Lewis Hamilton van Ferrari was vierde vinnigste maar die sewemalige wêreldkampioen is met drie posisies gestraf nadat hy Red Bull se Max […]