Solidariteit in reusepoging om raswette te keerMay 25, 2025

Solidariteit gaan ‘n regsfonds van 7 miljoen rand stig in sy grootste poging nóg om raswette te stop, berig Rapport. Dit volg ná die departement van kommunikasie en digitale tegnologie Vrydag regulasies in die Staatskoerant gepubliseer het wat verligting bied aan buitelandse maatskappye, soos Starlink, met betrekking tot swart eienaarskap. Volgens Solidariteit het die Withuis-gesprekke dit duidelik gemaak dat die uitfasering van raswette noodsaaklik is vir ‘n handelsooreenkoms met die VSA, sowel as vir ‘n gunstige beleggingsklimaat in die algemeen.