Engeland verloor, Haaland word Noorweë se punte-kampioen - October 11, 2024

Sokker: Griekeland, wat 48ste op die wêreldranglys is, het Engeland 2-1 verslaan in hulle Uefa-nasieligawedstryd op Wembley. Dis die laagste geplaaste span wat die Drie Leeus kon klop sedert Noord-Ierland in 2005. In Oslo het Erling Haaland Noorweë se beste doelskieter ooit geword toe hy twee doele aangeteken het in die sege van 3-nul oor […]

Read More

Jaco Muller gesels eksklusief uit Texas oor die vrylating van die renosters - October 11, 2024

Die renosters wat Woensdag vanaf Namibië in Texas aangekom het is weer vrylopend. Jaco Muller het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die diere en wat hulle gedoen het om stres tot ‘n minimum te hou. Hy voeg by dat die diere in Texas sal floreer. Hy verduidelik. 

Read More

Niks fout met Opuwo-Epupa-tender nie, sê RA - October 11, 2024

Die Paaie-owerheid het bewerings van onregmatige optrede in die tenderproses vir die Opuwo-Epupa-padbouprojek weerlê. Die owerheid sê dat die proses in ooreenstemming met regeringsregulasies uitgevoer word en spesifiek plaaslike Namibiese konstruksiemaatskappye teiken. Die projek is goedgekeur en befondsing is toegeken. Die owerheid het ook bewerings van begunstiging en onbehoorlike prosedures ontken. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Tau moet Loteryraad ontbind - October 11, 2024

Die United Civil Society in Action doen ʼn beroep op die handelsminister, Parks Tau, om onmiddellik die Nasionale Loterykommissie se raad te ontbind. Die minister is onder druk om op te tree teen bewerings van korrupsie, nepotisme, konflik van belang en diskriminasie teen die kommissie se personeel. Dit sluit die proses in wat tans aan […]

Read More

Hibakusha wen Nobel Vredesprys - October 11, 2024

Die Japanse organisasie Nihon Hidankyo, ‘n voetsoolvlakbeweging van kernbom-oorlewendes van Hiroshima en Nagasaki, het die Nobelprys vir Vrede gewen. Die groep, ook bekend as Hibakusha, het hul lewens toegewy aan die stryd vir ‘n kernvrye wêreld. Die Nobelkomitee sê Hibakusha ontvang die Vredesprys vir sy pogings om ‘n wêreld vry van kernwapens te bewerkstellig en […]

Read More

Biden boos vir Trump en ‘politieke leuens’ - October 11, 2024

Reddingspogings en opruimingswerk duur voort in Florida na orkaan Milton en daar word bespiegel dit storm versekeraars tot 100 miljard Amerikaanse dollar kan kos. Die bystand deur die federale regering word op die oomblik verpolitiseer met Donald Trump wat veral krities is. Hy word ook van wanligting en leuens beskuldig. President Joe Biden het hom […]

Read More

Calle is keelvol vir eensydige EU - October 11, 2024

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Europese Kommissie het uitstel van een jaar vir die implementering van die Europese Unie se Ontwoudingregulasie voorgestel, wat die sperdatums na 30 Desember 2025 vir groot entiteite en 30 Junie 2026 vir klein en medium-grootte ondernemings, verleng. Die voorstel moet nog deur die Europese parlement goedgekeur word. […]

Read More

Amper N$54m geëis in mosiehof - October 11, 2024

Die mosiehofsessies vanoggend het reuse eiendomskuld aangeteken. Die sessies, wat deur regters Orben Sibeya en Boas Usiku hanteer het, het 89 aansoeke vir verstekvonnisse hanteer met 17 op die reël 108-rol. Kommersiële banke eis 25 eiendomslenings met 47 miljoen Namibiese dollar in uitstaande skuld op. Daar was ook 23 lenings met skuld van 6,9 miljoen […]

Read More

Swapo is winsgewend vir jong politici, daarom keer hulle terug - October 11, 2024

In ‘n noemenswaardige verskuiwing voor die verkiesing, het verskeie prominente figure wat voorheen die regerende Swapo gekritiseer het, teruggekeer na die party. Simon Amunime, voormalige Affrirmative Repositioning woordvoerder, is een van die meer as 27 individue wat weer by Swapo aangesluit het. Henny Seibeb, voormalige Landless People’s Movement-adjunkleier, het ook na Swapo teruggekeer. So ook […]

Read More

Wêreld-Backyard Ultra volgende week op Swakop - October 11, 2024

Namibië se beste langafstand-atlete is gereed om die wêreld aan te durf met die Backyard Ultra World Team-kampioenskappe wat volgende Saterdag by Gecko Ridge Lodge net buite Swakopmund plaasvind. Die byeenkoms volg die klassieke Backyard Ultra-formaat, waar atlete ‘n 6,7 kilometer-loep elke uur moet voltooi tot net een oorbly. Maar nou ding ‘n 15-lid Namibiese […]

Read More