Serwië loods ondersoek na 14 sterf in dakineenstorting

Serwië het ‘n ondersoek begin na ‘n dakineenstorting by ‘n spoorwegstasie in die land se tweede grootste stad, Novi Sad, waarin 14 mense dood en drie beseer is. Die ramp het gebeur toe ‘n stuk dakbedekking langs die ingang na die stasie ineengestort het. Reddingswerkers wat swaar konstruksiemasjinerie gebruik het, het die dooies en gewondes […]

Read More

Trump val weer media, Harris aan in Noord-Carolina

Die twee Amerikaanse presidentskandidate is besig om koorsagtig veldtogte te voer voor die verkiesing Dinsdag. Donald Trump se laaste byeenkoms Saterdag was in Noord-Carolina, waar hy gespog het dat hy die grootste saamtrekke in die geskiedenis van enige land hou. Hy het vorige kwessies herhaal, insluitend om media by die saamtrek as “vals nuus” aan […]

Read More

Belasting-amnestie verleng, ‘nou moet NamRA verbeter’

Tydens die middeltermyn-begrotingsoorsig het die finansminister Ipumbu Shiimi ‘n verlenging van twee jaar van die belastingamnestieprogram aangekondig, wat nou op 31 Oktober 2026 sal verstryk. Die amnestie behou sy oorspronklike kwytskelding van rente en boetes indien uitstaande kapitaal teen die nuwe sperdatum ten volle betaal is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van […]

Read More

Nuwe organisasie gaan spaza-winkels verdedig, opknap

Die organisasie Together in Defense of the Township Economy het begin om plaaslike ondernemings te verdedig en gesondheidstandaarde te verbeter ná die dood van ses kinders in Soweto. Die kinders het vergiftigde versnaperings geëet wat by ‘n spaza-winkel gekoop is. Die organisasie se president, Sipho Mthembu, sê die groep het met ander organisasies kragte saamgesnoer […]

Read More

Meer as 1 uit 3 boomspesies kan uitsterf: verslag

‘n Dekade-lange projek het aan die lig gebring dat onder die 47 282 boomspesies wat beoordeel is, minstens 16 425 die risiko loop om uit te sterf. Dit is meer as dubbel van alle voëls, soogdiere, reptiele en amfibieë wat ook met uitsterwing bedreig word. Die Rooilys van die verslag van die Internasionale Unie vir […]

Read More

Zverev oorrompel Rune vir plek in Paryse Meesters-eindstryd

Tennis: Alexander Zverev van Duitsland het beter gedien as Holger Rune in die halfeindstryd van die Paryse Meesters en vir die eerste keer sedert hy in 2020 teen Daniil Medvedev verloor het, sy plek bespreek in vandag se eindstryd. Zverev se oorwinning van 6-3, 7-6 teen die Deen het die 27-jarige laat kwalifiseer vir sy […]

Read More

Jeugwerkloosheid kelder Botswana, SA regerende partye: Venaani

PDM-president McHenry Venaani sê Namibiërs wil verandering hê en wat in die Botswana-verkiesing gebeur het, en ook vroeër in Suid-Afrika, kom na Namibië. In albei buurlande is die lang-regerende partye vanjaar in verkiesings verslaan. Venaani het by ‘n saamtrek in Walvisbaai gepraat en gesê Namibiërs moet in die voetspore van hul eweknieë in Suid-Afrika en […]

Read More

SA gaan swartbemagtigingsreëls vir buitelandse firmas hersien

Suid-Afrika beplan om die reëls vir swartbemagtiging te hersien wat van buitelandse ondernemings vereis om eienaarskap van 30-persent aandele aan histories-benadeelde groepe toe te ken. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, erken hierdie vereistes skep uitdagings vir buitelandse beleggers. Te midde van toenemende spanning in wêreldhandel het hy die noodsaaklikheid beklemtoon om […]

Read More

Harris maak verskyning op Saturday Night Live

Kamala Harris het onaangekondig in New York aangekom om te verskyn op ‘n episode van die draaksteekprogram Saturday Night Live. Die Amerikaanse presidensiële kandidaat was op die laaste naweek van die verkiesingsveldtog bedrywig in die gelykop-state. Sy het vroeër uit Noord-Carolina met Air Force Two na New York uitgewyk. Haar verskyning op die televisieprogram is […]

Read More

Kwalifisering vir Brasiliaanse GP uitgestel weens reën

Motorsport: Kwalifisering vir die Sao Paulo Formule Een Grand Prix in Brasilië is tot vandag uitgestel nadat dit gister swaar gereën het op die Interlagos-baan. Na ‘n vertraging van twee uur sonder ‘n verbetering in die weer, en terwyl dit donker geraak het, het beamptes besluit die uur-lange sessie kan nie voortgaan nie en dit […]

Read More