Erik Menendez is baie siek, 29 dae voor paroolverhoor - July 24, 2025

Erik Menendez is gediagnoseer met ‘n ernstige mediese toestand, het sy prokureur, Mark Geragos, aan verskeie Amerikaanse nuusorganisasies gesê. Dit kom net 29 dae voor die paroolverhoor van hom en sy broer, Lyle Menendez. Hulle is al 35 jaar in die tronk in San Diego nadat hulle hul ouers in 1989 vermoor het. Lyle is […]

Read More

Regering mik na formalisering van informele besighede - July 23, 2025

Die regering het planne aangekondig om teen 2030 950 informele ondernemings te formaliseer, vanaf ‘n basislyn van 310 in 2024, as deel van sy strewe om die land se informele ekonomie te transformeer onder die sesde nasionale ontwikkelingsplan, NDP6. Die inisiatief is daarop gemik om die mikro-, klein en medium ondernemings-sektor te versterk. Dit vorm […]

Read More

Kospryse, veral bees, druk SA inflasie op na 3% - July 23, 2025

Verbruikersprysinflasie het in Junie tot drie-persent gestyg van 2,8-persent in April en Mei. Die styging is hoofsaaklik toe te skryf aan stygende voedselpryse, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat ‘n 15 maande-hoogtepunt van 5,1-persent aangemeld het. Beesvleis is die grootste bydraer met kookvleispryse wat jaarliks met meer as 21-persent gestyg het. Bek- en klouseer raak […]

Read More

Canal-Plus mag Multichoice koop, brei Afrika media-landskap uit - July 23, 2025

Die Franse Canal-Plus se verkryging van MultiChoice is deur die Mededingingstribunaal goedgekeur, wat die laaste regulatoriese struikelblok oorkom. Canal-Plus se uitvoerende hoof, Maxime Saada, en MultiChoice se uitvoerende hoof, Calvo Mawela, het die besluit verwelkom as ‘n belangrike stap in die hervorming en uitbreiding van Afrika se medialandskap. Die ooreenkoms sluit sleutelverbintenisse in soos die […]

Read More

Potter kap Woodward oor ‘Wallabies se verloormentaliteit’ - July 23, 2025

Rugby: Die Wallabie-vleuel Harry Potter het die voormalige Engelse afrigter, Clive Woodward, se kritiek verwerp dat die Wallabies ‘n ‘verloormentaliteit’ het. Woodward, wat as afrigter ‘n Wêreldbeker saam met Engeland gewen het, het kaptein Harry Wilson gekritiseer omdat hy die bal uitgeskop het eerder as om ‘n troosdrie te probeer aanteken gedurende Australië se nederlaag […]

Read More

Recycle Namibia Forum juig oor e-afvalverwydering - July 23, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat die kommunikasie owerheid, Cran, sy pogings versterk om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met Anita Witt van die Recycle Namibia Forum gesels.

Read More

Anri Parker nuwe uitvoerende hoof van NNOK - July 23, 2025

Die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee, NNOK, en die Statebondspele-vereniging het die ultra-bergfietsryer Anri Parker aangestel as sy nuwe hoof uitvoerende beampte, met ingang 1 September. Parker vervang die Olimpiese Komitee se sekretaris-generaal, Joan Smit, in die voltydse rol. Die Olimpiese Komitee se president, Ndeulipula Hamutumwa, beskryf die stap as ‘n oorgang van die vrywillige sekretaris-generaal […]

Read More

NNN se groenskema-statistieke verdag, ‘maar moet tot uitvoer kom’ - July 23, 2025

Al nege groenskemas onder die landbouministerie bly volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah operasioneel, met 3 403 hektaar tans onder verbouing om voedselsekerheid te bevorder. Sy sê dat teen Junie 2025 is 9 947 ton mielies, 300 ton aartappels en 39 ton sonneblomme geoes. Kosmos 94.1 Nuus het nog reaksie ontvang van landboukenner Wallie Roux.

Read More

Fokus in Fishrot-verhoor is nou op afhandeling - July 23, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat regter Moses Chinhengo uit die Fishrot-korrupsieverhoor onttrek het, met verwysing na persoonlike redes. Dit volg op maande van mislukte onttrekkingspogings van die beskuldigdes. Adjunkhoofregter Petrus Damaseb het bevestig dat waarnemende regter Marileze du Plessis vanaf 1 Augustus 2025 sal oorneem. Kosmos 94.1 Nuus het met regsgeleerde dr. John […]

Read More

Mulunga ontken hy het N$3 miljoen Audi by Victor Malima gekry - July 23, 2025

Die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, het in sy borgaansoek in die Windhoek-laerhof getuig dat hy werkloos is en op sy Namcor pensioen oorleef. Hy sê dat hy die vader van tien kinders is, waarvan agt minderjarig is en steeds onder sy sorg is. Hy het ook ontken dat hy ‘n luukse Audi-voertuig […]

Read More