
Proteas, Pakistan skop af met T20’s - December 10, 2024
Krieket: Die Proteas en Pakistan speel vanaand in Durban in die eerste van drie T20’s. Heinrich Klaasen sal die Proteas in die afwesigheid van Aiden Markram aanvoer, wat ʼn blaaskans geniet saam met Marco Jansen, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada en Tristan Stubbs, wat in die pas afgelope toetsreeks teen Sri Lanka gespeel het. Die tweede […]
Hittegolf duur voort, reën dalk later - December 9, 2024
Hittegolftoestande duur voort regoor Namibië, met gedeeltelik bewolkte en baie warm weer wat in die binneland verwag word. Donderbuie word in sommige gebiede voorspel, veral in die Kunene en die sentraal-noordelike streke. Temperature sal styg, veral in Mariental op 42 grade Celsius, Opuwo op 41 grade, en verskeie noordelike dorpe op 40 grade. Kusdorpe soos […]
1 457 kinders sterf in SA in weens wanvoeding - December 9, 2024
Die DA sê 1 457 kinders het in die afgelope twee jaar in Suid-Afrika weens wanvoeding gesterf, met die meeste gevalle wat ernstig en akuut was. Michele Clarke van die DA sê KwaZulu-Natal, Limpopo, die Oos-Kaap en Gauteng is die hardste getref, met onderskeidelik 265, 230, 190 en 172 sterftes tussen 1 Januarie 2023 en […]
Haïti-bendebaas laat bejaardes, Voodoo-praktisyns vermoor - December 9, 2024
Ongeveer 200 mense is die naweek dood in geweld in Haïti se hoofstad Port au Prince, vele van hulle in ‘n bloedbad waarin ‘n bendebaas glo Voodoo-praktisyns geteiken het. Die moorde is beveel deur ‘n magtige bendeleier wat oortuig was dat sy seun se siekte veroorsaak is deur volgelinge van die godsdiens, volgens die burgerlike […]
Net SA, Aus, Indië kan Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd haal - December 9, 2024
Krieket: Slegs Suid-Afrika, Australië en Indië kan nog die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap haal. Die Proteas het tot die boonste plek verbeter nadat hulle vandag in Gqeberha 2-nul skoonskip gemaak het in die reeks teen Sri Lanka, met Australië tweede en Indië derde. Die Protea-bouler Dane Paterson is as speler van die wedstryd aangewys en […]
TransNamib wil spoorlyn na Upinton herbenut - December 9, 2024
TransNamib beoog om die land se betroubare grootmaat logistieke verskaffer te word. Een van die stappe is om weer die spoorverbinding na Upington in die Noord-Kaap te begin gebruik. TransNamib se spoorstelsel is gekoppel aan die van Transnet in Suid-Afrika, maar dié lyn is vir meer as ’n dekade nie vir grootmaat vragvervoer gebruik nie. […]
OR Tambo se brandstofprobleme vertraag vlugte - December 9, 2024
Die OR Tambo-internasionale lughawe in Gauteng het aangekondig hy ervaar tans uitdagings met brandstof, wat vlugvertragings veroorsaak, ook na Namibië. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het bevestig tegnici is dringend aan die werk om die probleem op te los. Passasiers word aangeraai om hul lugrederye te kontak vir die jongste inligting oor vlugkennisgewings, of om die […]
SA gebruik al hoe meer grondwater - December 9, 2024
Die adjunkminister van Water en Sanitasie David Mahlobo sê die regering maak al hoe meer gebruik van grondwater as een van die lewensvatbare opsies om die huidige beskikbare water aan te vul en voorsiening te verhoog. Mahlobo gee erkenning aan vennootskappe met internasionale gemeenskappe oor hulle bydrae tot die Suid-Afrikaanse watersektor, wat ‘n volhoubare en […]
Skotland, Maori’s sal mekaar weer na 25 jaar aandurf - December 9, 2024
Rugby: Skotland speel vir die eerste keer in 25 jaar teen die Nieu-Seelandse Maori’s, as deel van hulle toer deur die Suidelike Halfrond aanstaande jaar. Die wedstryd in die Semenoff-stadion in Whangarei op die vyfde Julie is die begin van ʼn toer wat ook twee toetse insluit teen lande in die Stille Oseaan, wat nog […]
Boek oor Nama-vroedvroue belig kultuur-verdwyning - December 9, 2024
Professor Siona O’Connell van die Universiteit van Pretoria het haar grensverskuiwende kinderboek, My Derde Ouma, bekendgestel. Die boek bring hulde aan die waardevolle bydrae van Nama-vroedvroue, wie se kennis weens moderne medisyne besig is om te verdwyn. Namibië, die tuiste van die Nama-volk, het nog nie so ‘n publikasie nie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie […]